| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Die mal komplot om die Boer te begin is gesmee deur mede-eienaars Jurgen Human en Margit Meyer-Rödenbeck.

JURGEN, ’n oud-Matie en self erkende blues-junkie, droom al 10 jaar lank om 'n venue oop te maak wat ordentlike "aandete-teater aanbied". Die afgelope 5 jaar het hy die wêreld vol gereis met sy werk as ʼn stelsel- ingenieur in die televisie bedryf. “Eintlik het ek net probeer om soveel as moontlik restaurant-teaters en “blues-clubs” te besoek om my planne vir die Boer te finaliseer”, erken hy.

MARGIT ook ’n oud-Matie, en bekende komediante en televisie persoonlikheid het op haar beurt Suid Afrika platgereis met vertonings van haar alter-ego Dowwe Dolla. Margit, wat ʼn meestersgraad in teaterbestuur het, weet presies hoe moeilik dit is om 'n teater lewensvatbaar te maak. Met “die Boer” sê sy egter, “ek dink ons het die regte konsep beet. Maar ek kan vergeet om so baie te toer as in die verlede. Daarvoor hou die ‘nuwe baba’ my te besig! Dit is ontsaglike harde werk, maar dis ook baie bevredigend.”

Jean Louis Geldenhuys is ons Hoof-Chef op sy skouers rus die taak om die Boer se uiters besige kombuis te bestuur. Soos dit ‘n goeie chef betaam het hy ‘n kalm tipe persoonlikheid wat onder hewige druk kan werk en wat ‘n “heilige vrees” by al wat “waiter” is inboesem wat hulle bestellings “opdonner”

Jean Louis het vir sy “onderhoud” met ons sy nou beroemde warm “chocolate –pudding” gebak. Hy het natuurlik geweet watter effek dit op mense het en ons het basies geen keuse gehad anders as om hom aan te stel nie.

Hy maak egter ook van die beste “stews” wat jy al ooit geproe het en onder sy hande is die seekos wat ons in die restaurant voorsit nou regtig van top standaard.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development