| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

OPEN TUESDAYS AT DIE BOER

Open Tuesday is a project started by die Boer theatre restaurant in Durbanville specifically to help young or unknown artists to reach a wider audience. South Africa has a huge amount of young talent (as well as very experienced artists) that rarely get a chance to play on a professional stage because they are labelled as “not commercial enough.

As usual Open Tuesday feature some great new local artists with the
Alternative Afr Folk rock group Frekwensie and the very
accomplished Blues-Rock band Spaceman

Frekwensie
‘Press Release’ en Bio

Wel kom ons begin by die begin....

Een bietjie ouer, een bietjie jonger, twee stemme, een kitaar en 'n
glasie rooiwyn.... wat kry jy?

Andre A en Jonny Jackman het mekaar se musiektalente raak gesien by 'n kuier geleentheid laat 2010 en besluit om saam te span om 'n bedryf in te vaar wat baie vat om bo uit te kom.

Wat eers begin het as saam kuier sessies met kitaar en 'n glasie rooi wyn, het later gegroei na 'n droom wat besig is om 'n realiteit te word. Na Frekwensie se debuut en demo opname het hulle goeie terugvoering gekry en reis hulle nou die Kaap vol na feeste en opvoerings. 2011 het groot begin met onder andere 6 optredes by die KKNK.

Andre en Jonny kom van twee heeltemal verskillende musiek agtergronde. Andre vind inspirasie by Koos Dup, Theuns, Beatles en Queen.... Jonny by Cat Stevens, Chris de Burgh en Koos Kombuis, om net 'n paar te noem. Albei het hulle liefde/talente vir musiek op 'n latere fase van hulle lewe begin na streef. Die twee manne se stemme pas
soos die Wêreldbeker by die Bokke, maar hulle sing in heeltemal verskillende style. Dit is dan ook hoe die duo se naam ontstaan het. Hulle spot altyd en sê dat hulle in verskillende Frekwensies sing.

Die twee manne het groot drome en besef dit verg harde werk. Hulle skryf en sing Kontemporêr Afrikaans, maar doen ook van die goeie ou “classics” soos Father & Son, Spanish Train en Sound of Silence om maar net n paar te noem.

Dit belowe ek jou, as jou ore eers vir die eerste keer die frekwensie van Frekwensie gevang het, sal jy angstig sit en wag vir hulle eerste CD.

Die manne het die Kaap aan die praat. Die enigste vraag is, praat jy saam?

To all artists wishing to perform on these open nights, either for a 40min set or just a song or two, please contact Jurgen at jurg@dieboer.com.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development