Let asb op dat spyskaart en pryse onderhewig is aan gereelde veranderinge.
VOORGEREGTE
BRUSCHETTA R38 (Veg)
Basil, bocconchini & tamatie op Italiaanse styl roosterbrood, bedien met ‘n olyf olie & balsamiese reduksie.
GEROOKTE HOENDER & NEUT SLAAI R48
Gerookte hoender, spanspek, kasjoeneute & parmesan slaai bedien met geroosterde soetrissie sous.
CALAMARI & GARNAAL DUET R48
Calamari & Garnaalsterte pangebraai in “chilli” & songedroogte tamatie-botter. Bedien met gegeurde rys.
CAPRICE PAKKIE R48 (Veg)
Oondgebakte filodeeg gevul met basil, tamatie en mozzarella op vars slaai met papaja-salsa & basil-pesto.
HALOUMI SLAAI R50 (Veg)
‘n Kleurvolle growwe slaai met gebraaide haloumi, roket, komkommer, tamatie en ‘n soetrissie vinaigrette.
GEROOKTE SALM & FETA ROLLETJIES R50
Feta gevulde gerookte salm rolletjies. Bedien op bros hawermout koekies met roket and geroosterde kersietamaties.
HOOFGEREGTE
“CLUB SANDWICH” R68
‘n Fees van tuisgemaakte roosterbrood gevul met sirloin, spek, hoender, roomkaas, tamatie & pesto mayonnaise...bedien met ‘n klein slaai.
GROENTE PALET R68 (Veg)
“Butternut”, murgpampoentjies, karamel uitjies, feta, denne-neute & kersietamaties op kraakvars blaardeeg met slaai.
“BUTTER CHICKEN” R68
‘n Heerlike tradisionele gereg van hoenderborsies, saggekook in ‘n kerrie & karringmelk sous. Bedien met Basmati rys.
THAI GROEN HOENDER KERRIE R68
‘n Geurige hoender& groente kerrie in kokosneutmelk met gemmer& lemon grass. Bedien met basmati rys. (Ook beskikbaar as ‘n vegetariese opsie.)
CHORIZO & ASPERSIE PASTA R68
‘n Geurige, maar nie-romerige pasta met Italiaanse chorizo, aspersies, geroosterde kersietamaties, denne-pitte en feta.
BILTONG, SPEK & PEPPADEW PASTA R72
‘n Fees van ‘n pasta met Biltong, Spek en Peppadews in ’n roomsous.
BOERPOT R80
Tradisionele Suid Afrikaanse resepte, stadig gekook en bedien met basmati rys. Vra u kelner wat in die pot is...
GEBRAAIDE VARK TJOPS R82
Vark tjops gebraai tot perfeksie en bedien met mosterd kapok aartappels, appel-kerrie sous en groente.
FILLET & SIRLOIN STAPEL R88
100g Sirloin & 100g Fillet gestapel op “butternut” en salie-kapokaartappels. Bedien met groente en ’n geurige anyssous.
VANGS VAN DIE DAG R95
Gebraaide vars lynvis-fillette bedien met bruinrys en lensies, roomkaas, groente en pitmielie salsa.
PAP & VLEIS R98 (Die Boer se spesialiteit!)
Spesiale pap met parmesan, olywe en songedroogde tamaties, omring deur beesfillet, biltong & avokado in ‘n romerige bloukaas-sous.
.
BEES FILLET 200g-R105 300g–R130
Top kwaliteit gebraaide beesfillet met ‘n rooiwyn-port sous, bedien met ’n parmesan-aartappelgebak en gemengde groente.
‘n Diensfooi van 10% sal gehef word op tafels van 8 of meer persone.
WITWYNE
Glas Droë Wit (Die Boer - Chenin Blanc/ Semillon) R20
Glas Semi-Soet (Nederburg Stein) R20
Die Boer - Chenin Blanc/ Semillon R60
Drostdy-Hof Extra Light – Tulbagh R60
Vir mense in ‘n ligter luim – lig in alkohol en kalorieë! ‘n Vars, droog & vrugtige wyn.
Nederburg Stein - Paarl R60
‘n Semi-soet gemaak van vol ryp druiwe - ‘n wyn met ‘n goeie tropiese vrugtigheid.
Nederburg Riesling - Paarl R60
Vrugte en strooi geure met ‘n droë nasmaak
Swartland Buketraubbe - Swartland R62
As die wyn kon praat, sou dit wees met ‘n Swartland brei… Lig, soet met heuning en blomme geure.
Niel Joubert Chardonnay - Paarl R65
‘n Fyn balans tussen hout, pomelo, spanspek en suurlemoen.
Niel Joubert Sauvignon Blanc - Paarl R70
Van Simonsberg se hange kom die wyn met appeliefie- en grasgeure.
Groote Post Chenin Blanc - Darling R78
Vergeet van Tannie Evita – hierdie is Darling se “Darling”. Appels en pere met ‘n vars einde.
Durbanville Hills Chardonnay R80
Perske en tropiese geure komplimenteer die hout.
Kleine Zalze Sauvignon Blanc - Stellenbosch R80
‘n Goeie balans tussen aspersie, ryp vye en tropiese vrug geure.
Durbanville Hills Sauvignon Blanc - Durbanville R85
Die grootste verkoper van die grootste kelder in die vallei! Groen vye en pomelo maak dit so aanloklik.
VONKELWYNE
Boplaas Rosè R75
Muscat aroma en soet druiwe – ongeklompliseerde plesier!
Boplaas Pinot Noir 2008/2009 R85
Verfrissende ligte peer & aarbei geure met ‘n vars einde.
Pongracz R120
Gemaak in die tradisionele metode – dink gebakte appeltert in ‘n glas.
ROSÉ
Nederburg Rosè - Paarl R65
Semi-soet met bessies en vleis geure.
D’Aria Blush - Durbanville R78
Die nuwe kelder in die vallei – proe rooswater & aarbeie.
ROOIWYNE
Glas Rooi (Die Boer – Cab/Shiraz) R22
Die Boer – Cabernet Sauvignon/Shiraz R65
Little River Shiraz 2006 - Stellenbosch R75
Handboek geure van Shiraz van die boetiek kelder net buite Klapmuts – Dink aan heerlike kersfees-poeding.
Groote Post Old Mans Blend 2008 - Darling R80
‘n baie gewilde versnit van Merlot, Cab.Sauvignon & Cab.Franc. Kersie geure met ‘n titseltjie tabak
De Waal Pinotage 2006 - Stellenbosch R85
Van die plaas met die oudste Pinotage wingerde in die wêreld! Ryp pruime en kersie geure.
Beyerskloof Pinotage 2007 - Stellenbosch R88
‘n Ou gunsteling van Beyers Truter (en Koos Kombuis) – aarbei en kersie geure met ligte hout.
De Waal Merlot 2007 – Stellenbosch R90
Dis die 9de generasie van De Waals wat hierdie wyn op die plaas maak… Ryp bessies met ‘n vae teenwoordigheid
van ment.
Laborie Shiraz 2007- Paarl R95
‘n Historiese landgoed in Paarl se hoofstraat. Delikate speserye komplimenteer die ryp pruime en swart bessies.
Durbanville Hills Merlot 2006 – Durbanville R105
Moerbeie en kersie geure word afgerond met ligte hout.
KWV Roodeberg 2004 – Paarl R105
Soos ‘n ou bekende in baie huise… Lewendige rooi vrug met sagte spesery hout.
Nitida Cabernet Sauvignon 2006 – Durbanville R110
Nitida bring altyd ‘n wyn uit wat jy sal onthou! Dadels, rosyntjies met kaneel en dit alles is omvou in sjokolade!
Rupert & Rothschild Classique 2007 - Franschhoek R125
‘n Topklas versnit van Cabernet Sauvignon / Merlot
Jordan Merlot 2006 - Stellenbosch R135
Stellenboskloof se koel mikro klimaat lewer Mocha geure met swartbessie en pruim.