| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Moeg vir die tipiese konferensie venue? Probeer iets vars en bring jou jaareindfunksie, verjaardagpartytjie of spanbou oefening na ons. Wat van top vermaak? Ons het ʼn “direkte lyn” na Suid-Afrika se top kunstenaars. Ons het ook ʼn uitstekende uitleg vir audio visuele seminare en al die nodige toerusting om aan jou ʼn “1-stop” diens te bied.

Daar is ʼn paar verskillende opsies beskikbaar.

Dagfunksies:
Die Boer is alle dae van die week beskikbaar vir dagfunksies, mits die venue teen 16:30 ontruim kan word. (Dit is nodig sodat ons kan voorberei vir die aand se vertoning.) Spyskaarte, tafelplanne, vermaak en tegniese behoeftes kan presies volgens die kliënt se behoeftes en begroting ontwerp word. Basiese venuehuur en kostes per persoon is totaal onderhandelbaar en hang af van die spyskaart, vermaak en audio-visuele behoeftes. Stuur ʼn e-pos na navrae@dieboer.com of kontak ons met u behoeftes en ons sal u kontak.

Aandfunksies.
Groepbesprekings kan gedoen word vir enige van ons vertonings. (Indien ons nog sitplekke beskikbaar het.) Sulke groepe moet in ag neem dat so ʼn aand oop is vir die res van die publiek en dat spesiale aandag nie altyd moontlik sal wees nie.

Ons is slegs Sondag tot Dinsdag oop vir private of korporatiewe aandfunksies. Aangesien ons vertonings tot vyf maande vooruit beplan word moet sulke besprekings so vroeg as moontlik gedoen word.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development