| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Andries Vermeulen
- Afrikaans op sy beste -

Andries Vermeulen is gebore in Kaapstad en het groot geword op ‘n klein dorpie in die hartjie van die Sandveld, naamlik Redelinghuys, waar hy van kleins af al sy besondere talente gewys het.

Andries Vermeulen

Andries se stem is vars, uniek en verseker eie aan sy taal, Afrikaans. Sy debuut, sowel as sy nuutste CD maak een baie duidelike stelling: Hy kan enige opskop laat KOOK: dit is geskik vir danse en lekker luister!!!

Sy debuut album, “Wie Se” wat in 2006 vrygestel is, wys dat Andries ‘n uiters veelsydige en afgeronde sanger is wat vandag se Afrikaanse musiek verstaan en uitstekend daarin slaag om dit sy eie te maak met sy kenmerkende styl.

Met briljante musikale vermoë en oorspronklike instrumentasie het Andries en sy mede-kollegas daarin geslaag om n kommersiële projek rondom Andries se stem te skep. Gedurende maande van navorsing, luister en nogmaals luister, het die klank vorm begin aanneem. Die eindproduk was n versameling van snitte wat bestempel kan word as “lekker kuier musiek”, maar wat nie ‘n tree hoef terug te staan in terme van musikale integriteit nie. Die idée was om die voete te laat wip, maar steeds stylvol te bly en musikale gehalte te behou. Alle instrumentasie is lewendig ingespeel.

“Wie Se” spog met ‘n verskeidenheid polsende en ander nuwe liedjies, soos Antie, Girl met die donker kop en “Wie Se” wat beslis voete sal laat jeuk. Dan is daar ook n ballade soos Somer wat hoendervleis gee. Die album is opgevolg deur ‘n DVD wat tydens die CD bekendstelling opgeneem is.

Sedert “Wie Se” die lig gesien het, het die album nie veel meer bekendstelling nodig nie en word daar nog gereëld saam gelag in alle uithoeke van die land op feeste, skoue en ander gesellighede.

In 2007 sluit Andries aan by die platemaatskappy Maroela Musiek en stel hy sy tweede album, “Jy vry lekker…maar nie so lekker soos jou sussie nie”, vry.

Die CD bevat 18 snitte waaronder splinternuwe werke deur hoofsaaklik Vos Reinecke en Andries self (Jy vry lekker, Sal jy hier bly?, Ek’s verlief op jou en Jy’s die een). Dan doen hy ook ‘n aantal gewilde treffers op sy eie manier: onder meer Leon Schuster se Liefde is lekker, Bles Bridges se Jy leef hier in my drome (‘n duet saam met Nadia Louw), Chris Brits se Bokkie met die swart lang trui, daardie gewilde “vertaling” Plaasdorp en Steve Hofmeyr se Agter elke man (luister fyn – ek’t soms gedink dis ‘n duet met Steve self!). Tussen die meer volwasse lirieke hierop is Karlien Husselman se countryskepping, Pad na jou hart.

Met hierdie album het Andries nie net bewys dat hy slegs humoristiese liedjies kan sing nie, maar ook ‘n meer ernstige sy aan hom het..! Die album is ook vanjaar genomineer vir ’n SAMA Toekenning en ’n Huisgenoot Tempo Toekenning in die katergorie vir Beste Afrikaanse Komiese album van die jaar! Maak seker dat jy nie Andries se volgende vertoning misloop nie!

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development