| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

 

Abel Kraamsaal

Abel Kraamsaal is 'n ongekompliseerde romantiese ou wat lief is vir rock&roll. Hy bind hom nie graag tot 'n genre nie, want hy glo jy's dan ingeperk tot jou kreatiwiteit. Jy sal dit ook goed hoor op sy albums.

Joernaliste het hom al beskuldig dat hy tussen genres rondspring en nie sy eie styl het nie, maar dis juis sy styl. Hy doen bietjie blues, bietjie country, ballades, lekker warm rock&roll en steek die draak met die lewe deur satiriese songs wat onder 'n paar klippe inloer.

Eers was daar "Woorde op 'n wynboks", toe "Wonder jy ook soms", toe "Sondeval" en Abel is op die randjie om die nuwe album, "Abel" uit te bring.

Abel het sy musiek loopbaan begin toe hy vir Koos Kombuis, onder 'n boom, sy eerste 3 liedjies gespeel het. Koos was so beindruk dat hy vir Abel gevra het om drie van sy shows te open. Die reaksie was baie goed en Abel moes vinnig met 'n verhoognaam te voorskyn kom.

Die res was 'n sneeubal wat net bly rol het. Harde werk, baie shows en feeste later is Abel net Abel. Geen fieterjasies, net die musiek in sy knapsak.

Die eerste Album, "Woorde op 'n wynboks", is in 2003 opgeneem en vrygestel. Die album is opgeneem met Gian Groen aan die stuur van produksie.

Die doel van die album was om die Kraamsaal naam daar buite te kry en stelselmatig 'n markaandeel te verseker. Die album is baie goed deur die publiek en media ontvang.

Die 2de album, "Wonder jy ook soms?", is aan die einde van 2004 opgeneem en vrygestel in 2005. Hierdie album bestaan uit 13 tracks en bring die Kraamsaal klank en diversiteit na vore. Dis 'n unieke album wat met jou verbeelding en emosies wipplank ry en jou voete laat jeuk op party plekke.

Dis op hierdie klank en kwaliteit wat ons wil voorbou.

Die 3de album, "Sondeval". Die plan was oorspronklik om 'n anderse album te maak en in 'n mate is dit effens anders as die voriges, of het die musiek net evolve? Besluit self. Die cd bestaan uit 12 songs, 9 Afrikaans en 3 Engels.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development