| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

 

Nuwe vertoning: “Sing when you’re working”

adamsappel is ‘n a cappella groep wat bestaan uit nege jong en talentvolle mans wat deur ‘n gedeelde liefde vir musiek saamgebind word.

Die groepslede is almal graduandi van die Universiteit van Stellenbosch, waar sommiges in die Universiteitskoor gesing het, ander in hul onderskeie koshuise se sêrenadegroepe, en ‘n paar selfs hul hand aan solo-loopbane gewaag het. Die groep het offisieël bymekaar gekom aan die einde van 2005, en met byna drie jaar se uitverkoopte vertonings agter die rug is dit duidelik dat die groep die oogappels van a cappella musiekliefhebbers oor die land heen geword het.

Die term “a cappella” beteken letterlik “in die styl van die kapel”, wat op sy beurt weer verwys na sang sonder die gebruik van instrumente. En waarom besluit op hierdie styl? Wel, eenvoudig omdat omdat dit op effektiewe wyse die sonderlinge kombinasie van nege uitstekende stemme en diverse persoonlikhede beklemtoon omdat dit enige potensiële inmenging met die kollektiewe klankuitset verhoed. A cappella is ‘n styl wat die kunstenaar gelyktydig kwesbaar en oorwinnend maak omdat dit hom vrystel. Adamsappel tree versigtig oor daardie fyn lyn om sodoende ‘n delikate balans te handhaaf reg deur hul vertonings.

Die appels, soos hul dikwels genoem word, hou baie van die feit dat hul naam iets omtrent hul vokale vermoëns suggereer. Hul bied temptasie in die vorms van beide klassieke en kontemporêre musiek. Hulle doen jazz, en amper enigiets anders, met hope pizzazz. Hul styl verteenwoordig die ontmoetingspunt tussen “hip” en “wholesome”. Na alles, spesialiseer adamsappel in die vermaak van romantikusse. Hulle is ‘n bekende gesig by musiekfeeste, privaat partytjies, korporatiewe funksies sowel as by glanspersoonlikhede se troues, en na hul onlangse Gauteng toer skroom die appels nie om sommer ver van die boom af te val en die hele land vol te reis nie.

As dit ‘n spesiale geleentheid is vir jou, sal adamsappel uit hul pad gaan om dit heuglik, en méér te maak. Hul energie is aansteeklik, en hul passie eerlik. Vang hulle om 20h30 in aksie by Die Boer Teater-restaurant in Durbanville op 4 en 5 Junie 2008. Die vertoning is getiteld “Sing when you’re working” en handel oor die wel en weë van witboordjie werkers wat terselfdertyd hul energie en aspirasies in die musiekbedryf uitleef. Sal hul die vrug van hul arbeid pluk? Kom vind uit… Kaartjies (R 80) kan bespreek word by (021) 979 1911 of by www.dieboer.com .

Bespreek verkieslik spoedig aangesien kaartjies gewoonlik vinnig uitverkoop!

adamsappel is:

Appelspesie Gewild as…
Dr. Christoff Basson Baritone and musical arranger
Danie Carinus Beat Box and comical relief
Dirk Honing Bass and gentle giant
Frederick Greeff Tenor and short prop
Hannes Loubser Countertenor and suave muse
Jan Crafford Baritone and natural hit
Regardt Olivier Tenor and aspiring pop star
Dr. Ruan Venter Tenor and grounding force
Dr. Teaan van Zijl Bass/Countertenor (!) and OTT

Adamsappel

Adamsappel is ‘n a cappella groep wat bestaan uit nege jong en talentvolle mans wat deur ‘n gedeelde liefde vir musiek saamgebind word.

Die groepslede is almal graduandi van die Universiteit van Stellenbosch, waar sommiges in die Universiteitskoor gesing het, ander in hul onderskeie koshuise se sêrenadegroepe, en ‘n paar selfs hul hand aan solo-loopbane gewaag het. Die groep het offisieël bymekaar gekom aan die einde van 2005, en met ‘n hele string uitverkoopte vertonings agter die rug, is hul missie duidelik: om geregtigheid te laat geskied aan hul unieke karakter (en karakters!) deur die krag van musiek te gebruik om magiese oomblikke van intimiteit te skep wat, in herinnering, lank sal voortleef nadat die vertoning verby is.

Die term “a cappella” beteken letterlik “in die styl van die kapel”, wat op sy beurt weer verwys na sang sonder die gebruik van instrumente. En waarom besluit op hierdie styl? Wel, eenvoudig omdat dit op effektiewe wyse die sonderlinge kombinasie van nege uitstekende stemme en diverse persoonlikhede beklemtoon deur enige potensiële inmenging met die kollektiewe klankuitset te verhoed. A cappella is ‘n styl wat die kunstenaar gelyktydig kwetsbaar en oorwinnend maak omdat dit hom vrystel. Adamsappel tree versigtig oor daardie fyn lyn om sodoende ‘n delikate balans te handhaaf reg deur hul vertonings.

Die appels, soos hul dikwels genoem word, hou baie van die feit dat hul naam iets omtrent hul vokale vermoëns suggereer. Die vorms waarin hul temptasie bied, verskil grootliks van mekaar. Hulle is ewe gemaklik met klassiek en kontemporêr. Hulle doen jazz, en amper enigiets anders, met hope pizzazz. Hul styl verteenwoordig die ontmoetingspunt tussen “hip” en “wholesome”. In hul altyd veranderende repertoire sal jy ‘n paar “golden oldies” vind wat hand aan hand loop met jonger, minder bekende “underground” nommers. En versigtig versteek, tussen liedere oor die hele spektrum, mag jy selfs van hul eie komposisies vind wat net so na aan hul heupe as aan hul harte lê! Na alles, spesialiseer adamsappel in die vermaak van romantikusse.

Adamsappel in kort:

Die gewilde a cappella groep, adamsappel, gaan oud en jonk vermaak met hul oorspronklike repertoire van klassieke en kontemporêre musiek. Die groep van nege jong mans is ‘n fees vir die oog, en is al beskryf as Suid-Afrika se antwoord op Il Divo. Kom geniet hul humoristiese Afrikaanse Medley, sing saam Italiaanse ballades, en dans op die maat van treffers uit die 80’s. Ervaar ‘n aand van magiese musiek en nostalgiese intimiteit. Die groep vang hul gehore vas met treffende bewegings, uitdagende verwerkings en hul kenmerkend unieke kwinkslae.

Dit is wat sommige kritici te sé het

“adamsappel se lede is sonder twyfel ’n talentvolle groep mans: hulle was onderskeidelik deel van kinderkore en universiteitskore, sêrgroepe en toneelfeeste... Dit blyk asof familie, vriende, verloofdes en die Sondagmiddag-gholfafspraak soms tweede kom.” Pia Nänny (KampusBurger, 24 Augustus 2006)

“Song by the ensemble of hip male vocalists adamsappel” OKASIE management describes adamsappel prior to its Spring 2006 launch event “Die nege manne van adamsappel is besig om groot naam vir hulself te maak. As jy hul vertoning nog nie gesien het nie, stel jouself net voor: nege manne, almal met sterk stemme, en almal saam op een verhoog. Hul vertonings is elke keer uitverkoop, en die keer is dit weer so.” Dorpstraat Teaterkafee Nuusbrief (18 Augustus 2006)

“The show was fast paced, energetic, and very slick. The group... exhibited their vast musical proficiency and originality, proving that world-class music can be made with the voice being the primary and exclusive instrument. Groupies, grandmas and everyone in between could identify with their unique brand of music.”
Kerry van Rensburg (The Hermanus Times, 19 January 2007)

“Dis soos ’n ongeluk, ek kan nie ophou kyk nie.” Student sê oor adamsappel se video op kampusnetwerk (Die Matie, 9 Augustus 2006)

“Die groep wil interaksie hê met die gehoor en hul vasvang in ’n web van klank.” Sarietha Engelbrecht (Die Matie, 9 Augustus 2006)

“Dis beslis een van die konserte wat Hermanusiete meer as in baie jare geniet het. Die applous was inderdaad elke keer ‘n bewys daarvan.” Korrespondent (The Hermanus Times, 19 January 2007)

“Die groep het uitdagende en interessante liedjies gekies vir sy debuut... Hier is volop potensiaal en talent.”
Mariana Malan (Die Burger, 18 Augustus 2006)

“Adamsappel... surpassed even the world-renowned Flying Pickets... This is a group to see at any cost, before the pressures of their professional lives leave us the poorer.” Col. A. ‘Liefie’ Farquharson (Ret.) (Greyton Sentinel, January, 2007)

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development