| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

 

MEDIA VRYSTELLING
Al’astair en nog Pêlle
Die Boer, Woensdagaand 10 Februarie 2010

Al’astair en nog Pêlle lewer weer op Woensdagaand 10 Februarie 2010 ‘n vertoning in “Die Boer”, Durbanville. Hulle sing oorspronklike Afrikaanse songs deur Al’astair, wat wissel tussen romantic, rock en soul, met spatsels blues.

By hulle vorige vertoning in Die Boer, op 9 September 2009, was die kaartjies ‘n week voor die tyd reeds uitverkoop.

Al’astair (vocalist, liedjieskrywer en rhythm kitaar), Titanium-Tony (lead kitaar), Facelift De Villiers (dromme) en Double-Trouble Engelbrecht (double base en vocalist) het spontaan inmekaar vasgedryf.

Al’astair het in 1998 sy eerste CD genaamd “My Hond Fanie” uitgereik, en het verlede jaar ‘n tweede CD genaamd “Blou Trane” uitgereik . Sy song “Bakke vol liefde” is in Desember 2009 op die RSG speellys geplaas, en sy song “Neuk” is deur Sarah Theron in haar bundel Sit die Ketel Aan opgeneem. Hy het al op E-TV, Geraas en Kwela opgetree, asook by verskeie kunstefeeste en in teater-restaurante.

Titanium Tony (Tony Napier) was vroeër lid van die rock groepe T&T en Radar, wat suksesvol meegeding het in Battle of the Bands. Hy en Al’astair maak al vir ‘n paar jaar by geleenthede saam musiek.

Facelift de Villiers (Pierre De Villiers) en Al’astair het mekaar ontmoet toe Al’astair sy wasgoedlyn op Langebaan omgery het.

Double-Trouble Engelbrecht (Johan Engelbrecht) was die stigterslid van Cantamus, ‘n acapella sanggroep wat vir meer as tien jaar opgetree het.

DNA Online - Website Design and Development