| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Andriette Norman

Gebore in Brackenfell en ook daar grootgeword.In 2008 het haar professionele sangloopbaan begin na sy as naaswenner van SA Idols aangewys is.

Sy word beskryf as die spreekwoordelike "Soul - sister".

In Junie 2008 stel sy haar eerste cd Diamant vry met liedere uit die pen van o.a Steve Hofmeyr en Andre Swiegers.

In Oktober 2008 tree sy op saam met die grootste name in die bedryf by die Huisgenoot Skouspel op en word vir Oktober 2009 weer terug genooi.
Sy sal jou verseker vermaak en jou wegvoer na al die denkbare genres van musiek insluitende ACDC, Queen, Abba,Eva Cassidy , Afrikaans vanaf haar cd en nog vele meer.

Andriette se debuutalbum - "Diamant" is uit en gaan van krag tot krag. Met liedjies uit die pen van Steve Hofmeyr, Andre Swiegers, Junior Botha, Munro du Toit, William Loots en ook haarself.

Die album doen tans baie goed en 2008 het baie vir haar opgelewer soos om op te tree saam met die land se grootste name in musiek soos Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Gert van Tonder, Theuns Jordaan ens. In 2009 word sy weereens gekies as een van die kunstenaars vir die Huisgenoot Skouspel. Daar wag 'n tweede album wat in September 2009 vrygestel sal word.Kyk uit hiervoor!!

DNA Online - Website Design and Development