| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

ARNO CARSTENS EN ALBERT FROST- AKOESTIES: PERSVRYSTELLING
20, 25, 26, 28 MAART OM 20:30
KOSTE: R140-00
BESPREEK: 021 979 1911

Arno Carstens begin sy loopbaan as hoofsanger in die rock groep, The Springbok Nude Girls. Sedert 2003 werk hy as solo kunstenaar. Hierdie sanger-liedjieskrywer het reeds nege albums vrygestel waarvan 4 platinum status bereik het. Hy wen vyf SAMA toekennings en deel die verhoog met groot name soos INXS, The Beastie Boys, Lenny Kravitz, The Cult, Smashing Pumpkins, The Offspring, R.E.M., Metallica en Ronan Keating. In Junie 2007 word hy genooi om deel te neem aan die Isle of Wight fees in Brittanje en twee weke later speel hy in die voorprogram vir die The Rolling Stones in Spanje.

Arno woon sedert die begin van 2009 in Londen en werk tans aan sy 3de solo album. Another Universe, Arno se eerste solo album is in September 2003 vrygestel en het sedertdien die grootste Suid-Afrikaanse Engelse rock album verkoper in hierdie millennium geword. Die platinum album we n ook ‘n SAMA toekenning in 2004 vir beste rock album.

Arno se tweede solo album, The Hello Goodbye Boys, word in 2005 vrygestel. Weereens gaan die album goud en wen ‘n SAMA toekenning in 2006. Die album stel Arno se unieke stem ten toon asook sy kreatiewe vernuf as dit kom by skryf van musiek

Saam met Arno op die verhoog is die fenominale Albert Frost. Frost het in ‘n relatiewe kort tydperk legendariese status bereik onder mede-musikante. Hy is onlangs deur “Stage Magazine” aangewys as die beste Blueskitaarspeler in Suid Afrika. Saam weef die twee met stemme en kitaarspel ‘n ongelooflike show vol fyn nuansering.

Arno Carstens began his career as the lead singer of the cult rock band: The Arno CarstensSpringbok Nude Girls. He has been working as a solo artist since 2003.

During his career as the lead singer of The Springbok Nude Girls and subsequently as a solo artist, this 4 x platinum singer songwriter has released 9 studio albums, had 13 top ten singles, won 5 South African Music Awards and shared the stage with the likes of INXS, The Beastie Boys, Lenny Kravitz, The Cult, Smashing Pumpkins, The Offspring, R.E.M., Metallica and Ronan Keating.

In June 2007 he was invited to play at the Isle of Wight Festival in the UK and two weeks later he played as the main support act for The Rolling Stones in Spain.

Arno is currently based in London. He has been living in the UK since early 2008 where he is working on his 3rd solo album with multi-talented British producers Youth (The Verve’s Urban Hymns) and Jim Duguid (Paulo Nutini’s These Streets). He has also been performing regularly in the UK, including support for Celine Dion during her 5 date tour of the UK, Paul Weller, The Police in Germany and London as well as Starsailor, Suzanne Vega and Meatloaf. During the UK summer of 2008, he performed at all the major festivals, including Isle of Wight, Glastonbury, T in The Park, Oxygen and both the V Festivals.

Another Universe, Arno’s first solo album, was released in September 2003 and as one of the most anticipated solo projects in SA music history, did not disappoint, becoming the biggest selling South African English rock album this side of the millennium. The platinum selling album won a SAMA Award for Best Rock Album in 2004.

Arno’s 2nd solo album, The Hello Goodbye Boys was released in September 2005. It’s a powerful record, defined very clearly by Arno’s unique voice and his creative ability when it comes to writing music. Produced by well known South African studio maestro Brian O’ Shea (Seether), The Hello Goodbye Boys went gold and won a SAMA award in 2006.

His 3rd solo album will be released in 2009.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development