| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Stercus Produksies & Spektrum produksies
Bied aan
Aspoestertjie

Please note that our “kiddies” menu is only available during Children shows in the day and NOT during our regular evening shows. 

Aspoestertjie is aweregs verwerk deur Gaerin Hauptfleisch en die geselskap en beloof om net soveel te vermaak soos Spektrum en Stercus Produksies se vorige toneelstukke Rooikappie en die Wolf, Raponsie, Jan en die Boontjierank en Sneeuwitjie en die sewe dwerge.

Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare Stiefma en dié se twee aaklige dogters. Faktotum Fourie is egter weer op die toneel op te help dat Aspoester by die bal uitkom om die prins se hart te verower en ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet. Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is sal gehore maar moet kom kyk.

Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste soos KKNK, Aardklop en die Woordfees nie, maar ook by skole, skoue en ander geleenthede regoor die hele land.

DNA Online - Website Design and Development