BYE MA, JAYPEE
(gebaseer op ‘n ware verhaal)
Met: CHRIS VAN NIEKERK
REGIE: MARGIT MEYER-RÖDENBECK
TEKS: DALEEN KRUGER
VERVAARDIGERS: EPM PROJECTS & ARENA PRODUKSIEHUIS

‘n Ruk na Ma Grieta op die wit laken gaan lê het, haar siel aan God gegee het en die res van haar “aan mense wat dit nodig het”, het Jaypee in 2002 begin om elke jaar ‘n brief aan sy Ma op haar verjaarsdag in Die Burger se doodsberigte te plaas:

“Vandag is Ma 95. Dankie, Ma, dat Ma my grootgemaak het of ek heeltemal normaal is en nooit “odd” laat voel het nie. Deon Chang sê op ‘n Woolworths poster “it’s a privilege to be different”. Ek kan my voorstel Ma met vlerke en die spierwit hare. Ek wonder hoe lyk Hansie met vlerke.”(Die Burger; 11 Okt 2004.)
Die vertoning is ‘n menslike verhaal met lewensgetroue humoristiese momente wat jou sal laat huil van die lag, net om kort daarna weer ‘n hartseer traan weg te pik. “Oprah Winfrey sê ‘n kind kies sy ouers. As ek alles in die lewe verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reggedoen en dit was om Ma te kies. Bye Ma, Jaypee.”
meer besonderhede

|