| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Bea van der Vyver

Tussen die duiwel en die diep blou see is die titel van Bea se tweede album nadat haar debuut album in 2003 vrygestel is toe sy die kykNET “Soek ‘n Ster” kompetisie gewen het.

Bea bevind haarself egter glad nie tussen die duiwel en die diep blou see nie en weet presies waarheen sy op pad is!Sy beskryf haar musiek as folk-rock Afrikaans wat “skop” maar daar is ook ‘n ballade hier en daar om die balans te handhaaf. Die album het ook drie Engelse snitte op wat deur Bea self geskryf is.
Tussen die duiwel en die diep blou see is 'n besonderse album met ‘n unieke styl, diep lirieke en ‘n fenominale fluweelstem daarop. Van die twaalf snitte op die album het Bea agt self geskryf.
“ Ek skryf oor dinge wat met my gebeur, mense wat ek ken en kwessies wat my op die hart druk.” Bea

Chaplin-hoed is geskryf oor die herontmoeting in Kaapstad met haar eerste liefde ‘n paar jaar na die teleurstelling.

Daddy’s girl en Happiest Unhappy herinner aan Amerikaanse folk, terwyl die uitstekend vervaardigde spelerige trant van Kitsch Plastic ‘n heerlike afleiding bied.

Die snit Londen-Sentraal (geskryf deur Natie Botes & Richard van der Westhuizen) en musikaal verwerk deur Van der Westhuizen, is ‘n treffer wat net wag om te gebeur. Kunstenaars Piet Botha, Richard van der Westhuizen en Coenie de Villiers sing saam met Bea op hierdie roerende snit waarvan die wysie jou net nie sal uitlos nie.

Simonè en Kaapstad se fyn gekose lirieke moet uitgesonder word. Sky is deur Natie Botes geskryf en gaan oor legende Anton Goosen terwyl Piet Botha vir Bea op die vertolking van die snit begelei op die mondfluitjie.

Die album eindig met twee verskillende liedjies met die albumtitel – geskryf deur onderskeidelik Bea en Natie Botes – verskillend in trant en tema, maar ewe treffend.

Tussen die duiwel en die diep blou see is ‘n album wat jy weer en weer sal luister totdat jy heeltemal daaraan verslaaf kan raak.

Genomineerde Radio Snitte

2. Daddy’s Girl
3. Londen-Sentraal
11Tussen Die Duiwel En die Diep Blou See

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development