MOZI RECORDS (Sean Else en Johan Vorster) is trots om jou voor te stel aan BOK VAN BLERK…
BOK VAN BLERK is besig om die land te laat skud en beef met sy debuut CD…DE LA REY (UIT DIE MUSIKALE PEN VAN JOHAN VORSTER).
BOK VAN BLERK is trots Afrikaans en elke stukkie musiek op sy CD drup van heerlike kultuur. Van die voet in die hoek treffers soos ’68 CHEVY (MINKI), HABANA! en HATFIELD JOL regdeur tot die hartroerende, SO WAAI DIE WIND en die magtige volkseie…DE LA REY.
Die debuut CD sluit ook die epiese musiek video in (gereken deur MK89 as die beste musiek video nog ontvang) en roer enige Suid Afrikaner wat ons verlede kan waardeer.
BOK VAN BLERK het binne ‘n paar maande een van die grootste verkopers in Suid Afrika geword (die CD is tans nommer 4 op DKNT) en is een van die gewildste kunstenaars op ‘n verhoog (saam met sy briljante band)!
ONS VIR JOU SUID-AFRIKA
Verbeel jouself, twee van die grootste Afrikaanse kunstenaars, BOK VAN BLERK en ROBBIE WESSELS span saam om die grootste rugby lied nog ooit, ONS VIR JOU SUID AFRIKA (deur dieselfde skrywers as DE LA REY) te sing, en dan nog daarby elkeen twee nuwe rugby liedere by te dra waarvan een van BOK se nuwes ‘n huldeblyk aan GERHARD VIVIERS is genaamd SPIEKERIES…
Verbeel jou daarby dat THEUNS JORDAAN besluit om ‘n huldeblyk aan die Bokke te bring deur die legendariese rugby lied, HAAK HOM BLOKKIES van DAVID KRAMER, ook op die album te sit…
Verbeel jou dan daarby dat HUGO ook twee nuwe oorspronklike rugby liedere (geskryf deur MD Greyling) bysit en dan sit die COLESKE broers ‘n acapella weergawe van SHOSOLOZA by en EDEN, DANIE NIEHAUS en DRIE VAN DIE BESTES, en nuwe sang sensasie, LIANIE MAY, dra elkeen by met ‘n treffer waarna alles gevolg deur ‘n gatskop boere orkes medley….
Verbeel jou dit alles dan sit jy met die GROOTSTE RUGBY ALBUM nog ooit!
MOZI RECORDS en COLESKE ARTISTS is trots om ONS VIR JOU SUID AFRIKA aan die wêreld bekend te stel…

|