| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

WYNAND STRYDOM & CHEREÉ
DIT IS ONS LEWE


Wynand Strydom en Suid-Afrika se “country girl”, Chereé, deel hulle lewe met ons in hierdie show.

Albei hierdie kunstenaars is welbekend in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met treffers soos Dertig Dae in die Somer (Chereé) en Katrina (Wynand Strydom). DIT IS ONS LEWE is die naam van hul duet album wat tans in die musiekwinkels beskikbaar is.

Celebrity couples is altyd die interessantste. Dynamics verander, paradigmas verskuif en daar’s altyd ietsie anders aan die gang met hulle. Met ons eie verloofde Weskus paartjie, Wynand Strydom en Chereé is dit ook nie anders nie. Hulle is ook goeie voorbeeld dat teenoorgestelde pole mekaar aantrek:

HY: Afrikaans. SHE: English. HY: ‘n Bloubul. SHE: a Stormer. HY: Voorheen getroud. SHE: Previously single. Met een ding in geneem: MUSIEK!

Hul bly nou aan die Weskus en tree ook deesdae saam voor gehore op wat hul voorheen as solo kunstenaars vermaak het. Hul fans is gaande oor die vooruitsig om die paartjie saam die stage te sien deel en saam sal hul ongetwyfeld hul aanhang verbreed.

Die show is akoesties gedrewe en onder begeleiding van Tony Ridgway, beloof die aand om almal se hartsnare te raak!

Verwag niks minder as ‘n dynamic show van ‘n dynamic duo nie…

Chereé


Chereé

FUN FACTS ABOUT CHEREE

DATE OF BIRTH: 27 May 1979

FULL NAME: Cheree Desiree Large

ADDRESS: Currently living on the Weskus in Langebaan - Heaven on earth! I enjoy living here because it is peaceful, en ek love die Weskus mense!

FAVORITE...

FOOD: Sushi & my mom's home cooking

DRINK: Tomato Cocktail

COLOUR: At the moment it is green

MUSIC: Country

SINGER: I have many favourites including Karen Carpenter, Norah Jones, Keith Urban and Michael Buble

ACTOR: Leonardo DiCaprio

ACTRESS: Drew Barrymore

SPORT: At school I swam and played hockey. These days I enjoy watching rugby with Wynand (although I do occasionally fall asleep)

HOBBIES: Arts and crafts, painting, Wynand built us a studio at home - we really enjoy producing our own music.

Na ‘n string suksesvolle albums en vele vertonings oor die laaste vier jaar, is Chereé gereed om ‘n legendariese stem in eie reg te word.

Chereé is wel bekend in die plaaslike kontemporêre mark as sangeres van formaat en haar veelsydigheid en talent kom beslis tot eie reg op haar nuutste dubbel album – “Country Girl”.
Chereé se liefde vir country – oud en nuut - is die inspirasie vir die projek.

Hierdie splinternuwe album “Country Girl” is warm op die rakke en met oorweldigende media reaksie beloof hierdie album om een van die beste albums van 2007 te wees!

Buiten die Engelse liedjies is daar ‘n sprinkeling van Afrikaanse liedjies wat deur top industrie liedjieskrywers, spesifiek vir haar
geskryf is – soos Lizè Beekman, Mynie Grovè en Tony Ridgway, wat terloops ook die produksie behartig het.

Chereé se musiek video “Sal Jy Probeer Onthou?” – uit die pen van Lize Beekman – verskyn eersdags op Kyknet - so hou kanaal 35 dop! Haar videos “30 dae in die somer” en “Jy het my hart gesteel” is gereelde gunstelinge op televisie.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development