| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

COENIE DE VILLIERS:  MYNE, JOUNE & ONS S’N

Coenie de Villiers word erken as een van Suid-Afrika se heel beste komponiste en kunstenaars, en dis veral liedjies uit sy pen wat reeds klassieke status bereik het: dink maar aan Karoonag, Daar’s ‘n Plek en Namakwaland.  Maar vir hierdie besondere vertoning is dit Coenie in ‘n ander rat.  Wanneer hy agter die klavier inskuif, speel hy wel van sy eie komposisies, maar dis ‘n repertoire met ‘n kinkel.

Hierdie keer speel hy ook liedjies van ander kunstenaars en laat hulle klink soos net hy kan.  “Ek speel wonderlike komposisies net vir die lekker,” sê hy.  “Dis liedjies deur mense wat ek respekteer en wie se musiek ek geniet.”  Nodeloos om te sê party van die groot liedjieskrywers soos Billy Joel en Bob Dylan se name is daar, maar dis ‘n verrassing om name soos Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties se naam raak te sien.  “’n Goeie liedjie is ‘n goeie liedjie,” meen Coenie.  “Hunter skryf gewoon uitstekende liedjies, en die uitdaging vir my is om te sien watter nuwe klank en interpretasie ek aan ‘n liedjie kan verleen.”

Maar dis nie net Coenie se liedjies en ander komponiste se werk wat in die vertoning vervat is nie.  Coenie speel ook van die komposisies wat hy saam met ander komponiste geskep het.  “Daar is onder andere liedjies wat ek saam met Pieter Dirk Uys, Hennie Aucamp en Lize Beekman geskryf het,” sê hy.  “Soms het ek die musiek geskryf, en soms die lirieke.  Dikwels is dit liedjies wat ek min op die verhoog speel, maar ek hoop en vertrou hulle weerstaan die toets van die tyd!”
Kaartjies is by XXXXX beskikbaar.

Coenie de Villiers

Coenie de Villiers has been described as one of South Africa’s best composers and word-artist and his 11 music albums have received numerous awards.

A part from appearing regularly in South Africa, he has frequent engagements for concerts in Australia, Belgium, Canada, Holland, England, Greece and the United States. Music critics local and abroad have acknowledged him as one of the best musicians in his genre in the world.

He recorded one of his CD’s Amper Alleen in Greece and his latest CD has been nominated as the best album in Afrikaans this year.

Coenie de Villiers het al diep spore in die Suid-Afrikaanse radio- en televisiebedryf getrap. Hy was op verskillende maniere nou betrokke by radiostasies soos RSG, Radio Hoëveld, Radio Oranje en Radio Goeie.

Benewens sy bekendheid as ankeraanbieder van Kwêla, was hy ook al aanbieder op programme soos Graffiti, Carte Blanche en Premiére. In 2002 het hy die toekenning as Beste Onderhoudvoerder op Afrikaanse televisie van die ATKV ontvang.

Hy het gereeld vir De Kat geskryf, en van sy artikels is ook al in INSIG, Sarie en Rooi Rose gepubliseer. In die musiekwêreld is hy eweneens geen onbekende nie: sy albums is al met twee Sarie-toekennings, een SCOTTY-toekenning en een ATKV-toekenning bekroon.

Sy album Zen het die SAMA-toekenning vir die beste kontemporêre album in 2003 gewen, en vir sy album Handgemaak het hy 'n GMT vir die Beste Liedjieskrywer ontvang. Hy het in 2005 'n ATKVeertjie ontvang vir Beste Televisie-aanbieder, en ook vir Beste Onderhoud. Coenie is tans Algemene Bestuurder van ELIANCE COMMUNICATION van die McCarthy Groep.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development