| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

9 Aug: Danie Niehaus en Amanda Luyt in duet

9 Aug: Danie Niehaus en Amanda Luyt in duetTwee van Suid Afrika se twee top kunstenaars het weereens saamgespan vir wat belowe om ‘n onvergeetlike vertoning te wees.

In die 20 jaar van Amanda Luyt se loopbaan het sy reeds die verhoog met verskeie van ons top kunstenaars gedeel. Alhoewel sy deesdae min optree as gevolg van ander verpligtinge, is die kenmerkende fluweelstem so suiwer en kragtig as altyd.

9 Aug: Danie Niehaus en Amanda Luyt in duetMet ‘n stem wat oor verskeie oktawe strek en sy unieke vertolkings van liedjies soos Jy is vrou, Simoné en Sweef soos ‘n Arend, het Danie Niehaus ‘n ereplek op die Suid-Afrikaanse musiekrak gevind. Maar hy is ewe tuis op die komiese verhoog, so verwag ‘n aand van sielvolle ballades en pragtige duette, afgewissel met skreeusnaakse vertellings soos net Niehaus dit kan doen.

Slegs een aand op 9 Aug by die Boer teater restaurant, Durbanville. Kaartjies is R85 en besprekings kan gedoen word by 021 979 1911

Danie Niehaus

Danie Niehaus is one of South Africa's best-kept secrets. His voice has an incredible range and his first love is as a cabaret singer.

Danie writes all his own songs and after criss-crossing the country with his many tours and performances.

Danie returned to his home of Melkbosstrand to work on the album, Dagboek. Some of his most well-known songs are Sweef Soos 'n Arend, Jy Is Vrou and Dis Wind, Dis Reen, Dis water.

Danie's achievements are many and varied. He was the backing artist for Bonnie Tyler during her 1993 South African tour, he is a supporter and role model for several local charities including the Heart Foundation of South Africa and Child Welfare, for whose benefit he rode a bicycle from Cape Town to Port Elizabeth in May 1995 to raise funds.

His CD GrootsteTreffers was released in 1992, followed by Kleure at the end of 1993

Danie Niehaus is back with his unique combination of top original compositions, side splitting humor and still one off the best voices in the country

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development