| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

DANIE NIEHAUS - ROOI

Met 25 jaar se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf en verskeie bekronings soos die OKTV- en SAMA-toekennings, is die Afrikaanse sanger Danie Niehaus steeds 'n vars bries in die Afrikaanse musiekbedryf met die uitreiking van sy 12de album, ROOI, wat eersdaags verskyn.

Danie, bekend as sanger, aanbieder, akteur en skrywer van bykans 170 liedjies wat reeds opgeneem is en waaronder verskeie treffers tel, het 16 liedjies van die gewilde Nederlandse sanger Marco Borsato in Afrikaans vertaal en stel dit nou landwyd aan gehore bekend. 

Saam met hierdie ontdekkingsreis van nuwe musiek en liriek, bring hy ook weer van die gewildste musiek uit sy eie pen en sing musiek uit verskillende genres wat wissel van ballades tot pop, rock en ligte-klassieke musiek. 

ROOI is ‘n onvergeetlike musikale reis wat jy nie moet misloop nie!

Danie Niehaus is in 2008 bekroon met ‘n SAMA-toekenning vir sy album, Fynskrif, in die afdeling Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporêre Album. Hierdie talentvolle en veelsydige sanger, het homself bewys as uitnemende komponis en liriekskrywer, met ‘n individuele styl en klank. Hy beskik oor ‘n wêreldklas vokale vermoë, met ‘n omvang wat oor verskeie oktawe strek.

Danie begin sy musiekloopbaan meer as 25 jaar gelede en reik sy debuutalbum in 1985 uit, waarvoor hy vir ‘n Sarie-prys benoem is. Later het die album, Rondloper, gevolg en dit is met die destydse OKTV-toekenning bekroon. Nog albums het gevolg waaronder Kleure, Dagboek, Jy is Vrou en sy jongste album, Fynskrif, wat hom as een van die land se vaardigste liedjieskrywers gevestig het.

Meer as 150 van die liedjies wat Danie Niehaus oor die jare geskryf het, is al opgeneem, deur homself, maar ook deur ander bekende kunstenaars soos Karin Hougaard, Carike Keuzenkamp, Kurt Darren, Rina Hugo. Van die mooiste liedjies wat hy tot die Afrikaanse musiekskat bygevoeg het, is Niks is dan mooier (Jy is vrou), Hierdie aand, Rondloper, Vir wat?, Kleure en ‘n aantal splinternuwe komposisies van sy jongste album

Vir sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur is hy met die Khula-toekenning bekroon en sy komposisies in die folkgenre word hoog geag. Hy het van die mooiste liedjies nóg tot die Afrikaanse musiekskat gevoeg – van Niks is dan mooier (Jy is vrou), Hierdie aand, Rondloper, Vir wat?, Kleure en ‘n aantal splinternuwe komposisies van sy jongste album, Fynskrif.

In 1993 het hy saam met Bonnie Tyler deur Suid-Afrika getoer en was ook aanbieder van die vermaaklikheidsprogramme, Skokiaan en Maak ‘n Las op SABC2. Talle Suid-Afrikaners in die buiteland woon gereeld sy konserte in Londen, Skotland en Nieu-Seeland by. In 2004 het hy die volkslied – in al drie landstale voor die Springboktoets in Australië gesing.

Danie werk met gemak in verskeie genres, van ballades tot volwasse kontemporêre pop en rock en selfs ligte klassieke musiek. Saam met Mathys Roets en Kevin Leo het hulle as die kragtige Drie van die Bestes, goudstatus met hul klassieke popaanslag bereik.

Danie se nuwe album gaan eersdaags opgeneem word en bevat musiek van die bekende Nederlandse sanger, Marco Borsato, wat Danie in Afrikaans vertaal het en waarmee hy deur die land gaan toer.

In sy vertoning maak jy nie net kennis met Danie Niehaus, die professionele, talentvolle en veelsydige musikant nie, maar ook met Danie die komediant, denker en diep sielvolle mens. Hy bring in hierdie vertoning hulde aan legendes, wat hom geïnspireer het en ook van sy musiek opgeneem het, hy vertel staaltjies van sy vele vertonings en toere deur die land, maar spesifiek, dié by Die Boer Teater oor die jare en hy sing die musiek wat hy al die jare by Die Boer gesing het en waarvoor sy aanhangers elke keer terugkom en soos altyd, is daar ook weer iets nuuts en iets vir die siel

Danie Niehaus

Danie Niehaus is one of South Africa's best-kept secrets. His voice has an incredible range and his first love is as a cabaret singer.

Danie writes all his own songs and after criss-crossing the country with his many tours and performances.

Danie returned to his home of Melkbosstrand to work on the album, Dagboek. Some of his most well-known songs are Sweef Soos 'n Arend, Jy Is Vrou and Dis Wind, Dis Reen, Dis water.

Danie's achievements are many and varied. He was the backing artist for Bonnie Tyler during her 1993 South African tour, he is a supporter and role model for several local charities including the Heart Foundation of South Africa and Child Welfare, for whose benefit he rode a bicycle from Cape Town to Port Elizabeth in May 1995 to raise funds.

His CD GrootsteTreffers was released in 1992, followed by Kleure at the end of 1993

Danie Niehaus is back with his unique combination of top original compositions, side splitting humor and still one off the best voices in the country

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development