Joho! Produksies bied aan: 
DIE NAAIMASJIEN
Met Sandra Prinsloo
Geskryf deur: Rachelle Greeff
Regie: Hennie van Greunen
Met dié Nagtegaal-tekspryswenner vier Sandra Prinsloo ná 15 jaar haar terugkeer na die soloverhoog met 'n kragtoer-vertolking. Magdaleen is besig om haar Bernina skoon te maak. Soos sy haar konstante metgesel van 55 jaar blink vryf, vat Magdaleen ons terug na 'n tyd van melkaflewerings, moerkoffie, kouse met nate en wit Valiants. En na hoe 'n ma - soos 'n Baboeshka-poppie - binne in elkeen van haar kinders staan. Vanaf die opening by Die Suidoosterfees einde Januarie 2009 het hierdie stuk vol sale getrek en is begroet met staande ovasies. Was topverkoper by die Absa KKNK 2009 en het ook twee Kannas gewen - as gewildste produksie en vir Sandra as beste aktrise.
In November 2008 word Rachelle Greeff se debuut teaterteks, Die Naaimasjien, uit 65 inskrywings bekroon met die Nagtegaal Teaterteksprys.
Hierdie eenvrouvertoning gee ‘n blik op ‘n tyd wat reeds lank verby is: ‘n tyd van baba booties, melkafleweraars, kouse met nate en moerkoffie. Magdaleen is ‘n unieke aanwins tot die skatkamer van klassieke Afrikaanse vrouekarakters soos sy by haar Bernina sit en terugkyk oor ‘n lewe wat ook ‘n vervloë deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis saamvat.
Hierdie produksie vier ook Sandra Prinsloo se terugkeer na die soloverhoog. Dis die eerste keer sedert haar baanbrekerswerk in Jeanne Goosen se Koffer in die Kas dat sy sterk genoeg voel oor ‘n karakter om haar weer lewe te gee op die verhoog, soos net hierdie ikoniese aktrise is.
Die regie is die werk van die veelbekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen, wie se produksies o.a. Shirley Valentyn, Op die vrou af, Die Hangkas Haas en Lyf reeds legendes op die feeskringloop is.
Intussen het Die Naaimasjien reuse sukses behaal met vol sale en staande ovasies en is bekroon by KKNK 2009 vir die Herrie Kanna Gewildsheidsprys asook vir Beste Vroulike Kunstenaar.
Vanaf die opening by Die Suidoosterfees einde Januarie 2009 het hierdie stuk vol sale getrek en is begroet met staande ovasies. Die Naaimasjien was by die volgende venues en feeste uitverkoop verlede jaar: Die Suidoosterfees, die Woordfees, KKNK, Innibos, Kalfiefees, Kolligfees, Gariepfees, Volksblad (hier is 2 ekstra vertonings bygewerk), Centurion teater, Saronsbergteater – Tulbagh, Piketberg en twee weke by die Arena teater – Kunstekaap. Hierdie jaar is Naaimasjien al klaar uitverkoop by die Suidoosterfees asook Oude Libertas. En steeds soek die publiek kaartjies en wil weet waar ons volgende gaan optree.
Die Naaimasjien vier die kreatiewe gees wat tans in Afrikaanse teater heers.
Hierdie jaar tree ons op by die volgende feeste, dorpe en teaters:
Suidoosterfees - Kaapstad
Oude Libertas Teater- Stellenbosch
Emperor’s Palace – Kempton Park
Centurion teater
Jakarandafees – Pretoria
Saldanha
Die Boer – Durbanville, Kaapstad.
KKNK
Cederbergfees
Kimberley
Vrystaat toer – Kimberley, Bloemfontein, Sasolburg, Bethlehem.
Saronsbert Teater – Tulbagh
Dolosfees – Richardsbaai
Malmesbury
Kalahari Kuierfees – Upington
Polokwane
Walvisbaai

|