| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

Elzabé Zietsman's prolific career has seen her on stage, television, in cabaret and film productions. She has performed all over the country and is widely known to audiences for her starring role in M-Net's popular soap, Egoli.

Lees nog...

Emile Minnie

Emile Minnie het die Suid-Afrikaanse musiekwêreld betree in 1999 as deel van die elektro pop duo "Vlam". Dié groep het in 2002 'n Kanna gewen vir hulle produksie "Vonk Voort!", en twee GMT (Geraas Musiek-Toekenning) nominasies vir hulle album "Bevonk!".

Lees nog...

 

Frank Opperman

Frank Opperman se naam is sinoniem met komedie. In die hoofrol van “The Big Time” het Frank nie minder as drie toekennings gewen nie; en wie kan hom vergeet in die rol van “Ouboet “ in “Orkney Snork Nie”!

Lees nog...

 
Ghapi

'n Tromspeler wat sing? Ja, raar maar waar! Ghapi is die groot man, met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy groot tromstel aan die brand slaan!

Lees nog...

Gian Groen

Die Gian Groen band het ontstaan uit die eertydse Spinnekop wat bekendheid verwerf het met songs soos Tiger & Louise en Binneland In. Van die oorspronklike bandlede het ander geleenthede in die buiteland gaan ontgun, ....

Lees nog...

Die Goue Pantoffels

Die Goue Pantoffels is n oorspronklike stuk met die doel om by te dra by kinders se ongetemde verbeeldings en hulle bloot te stel aan nuwe sprokies.

Lees nog...

 
Heksie-en-Arboreta

Heksie-en-Arboreta. Dis ‘n eerste vir die Boer Restaurant Teater; sy eie kinderteaterproduksie. Arboreta is ‘n boomheks en waak al vir eeue oor haar groen, groen woud

Lees nog...

Helena Hettema

Helena Hettema neem haar gehoor op ‘n opwindende kontinentale reis. Hettema, is onder die land se tien top Divas deur KykNet kykers gestem en is wenner van die SABC Geraastoekenning

Lees nog...

Hilandi du Toit

Ons land se hartsnare is passievol gepluk toe Hilandi du Toit haar kitaar opgetel het tydens ZAMAR optredes, Boheem (saam met Anna Davel) en Altyd Jonker (KKNK opdrag produksie).

Lees nog...

houtgeweer

 

Coenie de Villiers en Lucas Maree het vir die eerste keer saam opgetree met houtgeweer wat die sensasie van 1998 se KKNK was.

Lees nog...

Hugo

Somtyds kan mens nie anders as om dood eenvoudig net in vervoering te verval wanneer Hugo en sy Band op ‘n verhoog klim nie.Die samevoeging van sy verhoogproduksie en Hugo se diep persoonlikheid en sterk stem maak “Deur die Straights” ‘n moet om te sien.

Lees nog...

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development