| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

PERSVRYSTELLING

PRODUKSIE: "ROOI KAART"
AKTEUR: FRANK OPPERMAN
SKRYWER:  DANA SNYMAN
REGIE: GYS DE VILLIERS

Die bekende akteur Frank Opperman is terug op die verhoog met 'n splinternuwe eenmansstuk Rooikaart. Dit is geskryf deur Dana Snyman, wat ook die baie suksesvolle ”Die uwe Pottie Potgieter” geskryf het waarmee Opperman vir lank deur die land getoer het.

Na die sukses van “Die uwe Pottie Potgieter”, verras Opperman se vermoë jou weereens wanneer hy ‘n splinternuwe verhoogkarakter skep in die gedaante van “Wally Koekemoer”.  Die karakter “Wally Koekemoer” laat jou deurgaans glimlag wanneer hy dinge kwyt raak wat jou onwillekeurig herrinner aan iemand in die regte lewe!

Wally Koekemoer is die president van 'n plaaslike rugbyklub.
Die verhoogstuk speel af in die klubsaal waar die jaarlikse prysuitdeling van die Rugbyklub plaasvind. Wally behartig die prysuitdeling en doen sy bes om alles bymekaar te hou, ten spyte van die probleem dat meeste van die spelers nie opgedaag het nie!

Wally het ook 'n paar geraamtes in die kas, en dit kom mettertyd uit.
Wally probeer op sy eie lomp manier sy aksies regverdig en in die proses val hy letterlik oor sy eie voete!

Die teks is skreeusnaaks en met Opperman se dinamiese vertolking, sal jy defnitief met ‘n glimlag uit die teater stap!

Die regiseur Gys De Villiers doen briljante werk in “Rooi Kaart”.

Die kombinasie van Opperman en De Villiers is ooglopend ‘n wenresep


WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development