| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

Gerrie Pretorius se nuustste CD, Alles Pas, is pas uitgereik en hierdie album kon net sowel heet, “Alles Perfek”, want soos gewoonlik stel Gerrie nie sy aanhangers teleur nie. Elke snit op hierdie album is lekker luister musiek.

Lekkerste Lyfie uit die pen van die baie begaafde Rudi Claase is ‘n defnitiewe treffer en die video is reeds hoog in aanvraag op die KykNet program, Jukebox.

‘n Hele paar van die snitte kom uit Gerrie se pen self, maar Gerrie verras ook met ou bekende snitte soos, Hang ‘n duisend liggies; Dan the Banjoman; My friend the wind en O Lord it’s hard to be humble.

Hanalie Burger was verantwoordelik vir die verwerkings en programmerings op al die snitte, behalwe Lekkerste Lyfie wat Rudi Claase behartig het. Gerrie het gebruik gemaak van bekende musikante soos Vinnie Henrico; Deon van der Merwe; Denny Laloutte ens. om van hierdie ‘n uitsonderlike produk te maak.

Gerrie Pretorius is nie net een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars nie maar ook
een van die jongste kunstenaars nog wat kan spog met 7 platinum toekennings en ‘n SAMA nominasie! Gerrie spog ook op hierdie album met ‘n duet met een van Belgie se grootste sterre, Christoff. Gerrie het ook onlangs ‘n toer na Belgie onderneem en die verhoog met Christoff gedeel.

Met Alles Pas probeer Gerrie beslis vir die publiek sê… Alles op die album pas perfek by ‘n lekker kuier! Gerrie gee ook terug aan al sy aanhangers op Alles Pas, deur ‘n kompetisie te loods waar een gelukkige Gerrie aanhanger ‘n droom vakansie vir 2 na Phuket kan wen. Die vakansie sluit in retoer vlugte tussen Johannesburg en Phuket, retoer vervoer tussen die hotel en lughawe, 5 nagte by die 4 ster Andaman Cannacia Oord en Spa met bed en ontbyt ingesluit asook lughawe belasting.

Al die inligting rondom die vakansie is beskikbaar op www.gerriepretorius.co.za
Snitte op “Alles pas”:
1. Alles pas
2. Westewind
3. Ek wil jou vir altyd
4. Lekkerste lyfie
5. Dan the Banjoman
6. Hang ‘n duisend liggies
7. My Lisa-Marie
8. Gaan dan!
9. Jou liefde is lewe
10. O Lord it’s hard to be humble
11. Liefde
12. ‘n 1000 Maal
13. Mississippi
14. Liefde is alles
15. My friend the wind
Bonus Snit:
16. Somerliefde (Duet met Christoff van Belgie)

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development