| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Die Gian Groen band het ontstaan uit die eertydse Spinnekop wat bekendheid verwerf het met songs soos Tiger & Louise en Binneland In.

Van die oorspronklike bandlede het ander geleenthede in die buiteland gaan ontgun, terwyl Gian intussentyd bekendheid as liedjieskrywer verwerf het met songs soos onder andere Vier Seisoene Kind.

Daar is dus vir kommersiele redes besluit om stelselmatig weg te doen met die naam Spinnekop. In hierdie tyd is GroenKitaar opgeneem onder die naam Gian Groen en Spinnekop Die eerste soloprojek deur Gian het gekom met die opname van Met die Maan Gepla, waar die selfde sessiemusiekante wat op GroenKitaar gespeel het, gebruik is.

Dit alles het ons gebring tot 'n vars nuwe Gian Groen Band wat bestaan uit Robert Mitchley op kitaar, Jeremy Schultze op dromme en Logan Scott op bas. Hierdie line-up word ook op die nuutste album Lied van die Engele gehoor en join Gian ook voltyds vir optredes landwyd.

Wat Lied van die Engele dus uniek maak is die feit dat die land vir die eertste keer dieselfde line-up op stage kan sien as wat op die album speel.

Gian Groen Previously known as the creative force behind hard rockgroup Spinnekop, Gian is fast becoming one of the most prolific songwriters in the country. His music has deepened and matured and now his sharp, tongue-in-cheeck social commentary is augmented with hauntingly beautiful love songs. More and more of his songs are finding their way onto the albums of top artists, like Dozi and Laurika Rauch , amongst others.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development