Persverklaring: Die Goue Pantoffels
Teks: Ané Mostert en Cornel van Zyl
Regie: Gerhard Mostert
Met: Gustav Gerdener, Ané Mostert, Cornel van Zyl en Hanna von Wielligh
Wat sal gebeur as jy n paar goue pantoffels het wat jou vir altyd sal jonk hou? En n skelm bedorwe Prinses wat haar voete daarin wil kry? Jy kry die beste sekuriteit in die land; BangvirNiks inc. se agente Smit en Smitt om die pantoffels veilig te bewaar. Die Koning maak al vir vyf generasies staat op díe broers in die stryd vir veiligheid. Maar dis nie so maklik gesê as gedaan nie.
Die agente moet ligloop vir Skoert, n uitgesl ape skoendief met n missie van sy eie. Sal die Prinses en Skoert die pantoffels kan steel as hulle kragte saamgespan word? Is agente Smit en Smitt slim genoeg om hulle uit te oorlê?
Die Goue Pantoffels is n oorspronklike stuk met die doel om by te dra by kinders se ongetemde verbeeldings en hulle bloot te stel aan nuwe sprokies.
Die Goue Pantoffels sal ouers en kinders se voete pas omdat daar lekker liedjies, skreeusnaakse jaagtonele, interaksie met die gehoor, en karakters is wat jy nooit sal vergeet nie. Die stuk sal beslis oud en jonk vermaak. So, bring die hele familie, en kom wees deel van die pret!

|