KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE! KOMEDIE!
Groet die Grotman
Met Hannes Muller
Vertaling: Koos. K. Kombuis Regie: Sandra Prinsloo
Plek: Die Boer Restaurant Teater- Durbanville
Besprekings: 021 979 1911
Hierdie eenman-stuk het die afgelope jaar reeds meer as 200 uitverkoopte vertonings dwarsoor die land gehad. “Dit is wonderlik dat DEFENDING THE CAVEMAN in Afrikaans in Suid-Afrika opgevoer word,” sê skrywer Rob Becker. “Dit maak tog altyd so ‘n groot verskil as jy teater kan ervaar in jou eie huistaal.” Maar hoe verklaar Becker DEFENDING THE CAVEMAN se reuse sukses? “Daar vind definitief heling plaas wanneer ‘n paartjie in ‘n donker teater saam met honderde andere lag en besef hulle is nie alleen nie. ”
Vervaardiger Frans Swart sê dat toe hy destyds die Amerikaanse regte van GROET DIE GROTMAN (DEFENDING THE CAVEMAN) deur Becker verkry het, hy besef het dat hierdie ‘n baie suksesvolle produksie gaan wees. “Maar min het ons besef dat dit so ‘n ongelooflike wegholsukses verhaal gaan wees. Die span, Sandra, Hannes en Koos, is uit ‘n kreatiewe oogpunt die beste! Maar ons toer ook die produksie na die kleinste en grootste dorp of stad in die land en dit was vir ons baie belangrik om ook weer toneel, en in hierdie geval komedie, na die mense toe te vat. En dit sit mense aan die praat. Elke opvoering sover was totaal uitverkoop en dit is beslis ‘n rekord vir Suid-Afrikaanse teater. En steeds stroom die mense in en wat wonderlik is, is dat mense twee en drie keer terugkeer … elke keer met nuwe pêlle. Grotman het beslis ‘n legende geword in Suid-Afrika!”
En sê Hannes Muller: “Na meer 200 vertonings is ek steeds voor elke vertoning opgewonde om die Grotman se storie aan die mense te vertel. GROET DIE GROTMAN gee mense ‘n manier om hulself en hul gades te verstaan terwyl hulle so lekker vir mekaar lag. Ons het ons eie interpretasie aan die stuk gegee, dit in die Suid-Afrikaanse konteks geplaas, maar tog by die essensie van Becker se oorspronklike stuk gebly. Ek het baie pret op die verhoog met die Grotman en glo die wie dit nog nie gesien het nie gaan net soveel pret hê.” Sien julle by GROET DIE GROTMAN!”.

|