| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

Hilandi du Toit

Spore langsaan my

Ons land se hartsnare is passievol gepluk toe Hilandi du Toit haar kitaar opgetel het tydens ZAMAR optredes, Boheem (saam met Anna Davel) en Altyd Jonker (KKNK opdrag produksie). Oefen jou sintuie en spoorsny jou weg oop na heirdie geselligheid! Hilandi du Toit maak haar debuut as solokunsternaar en stel haaf CD, "Spore Langsaan my" bekend in 'n produksie van woord en akkoord. Verlange gaan rock en die liefde gaan skreeu tot dit nostalgies dobber onder in jou hart.

Resensie

"Hilandi du Toit betower 'n gehoor met haar sjikalade stem", so' het 'n joernalis van Die Burger 2006 geskryf nadat hy haar hoor sing tydens 'n Zamar vertoning.

Sy maak nie net graag musiek nie, maar skryf veral Afrikaanse gedigte waarvan sy toonset of gebruik as prosa voordrag tydens haar vertonings. Sy heet 'n groot bewondering vir "haar" taal, Afrikaans en waardeer die voorgangers wat hul spore diep genoeg getrap het sodat sy ook daarin mag volg.

Hilandi se debuut album, 'Spore Laangsaan my' beloof om, met 'n vars aanslang, Suid-Afrikaanse gehore se harte steel.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development