Coenie de Villiers en Lucas Maree

Coenie de Villiers en Lucas Maree het vir die eerste keer saam opgetree met houtgeweer wat die sensasie van 1998 se KKNK was.
Hierdie twee talentvolle skrywers en musikante span kragte saam en neem die gehoor op ‘n musikale toer deur te kyk na musiek en stories uit die wêreld se oorlogsgeskiedenis.
“dit is glad nie ‘n swaarmoedige vertoning nie”, sê coenie. “die uitdaging was juis vir ons om dit lighartig en tong in die kies te maak”. Kritici is dit eens dat houtgeweer uitmuntend hierin slaag.
Baie van die liedjies is klassieke treffers, soos die welbekende lili marlene, maar dan is daar ook oorspronklike komposisies deur lucas en coenie.
Die program is reeds met groot sukses aangebied in verskeie suid afrikaanse stede.
Coenie de Villiers is bekend as een van Suid-Afrika se beste Afrikaanse musikante, en is veral gewild as woordkunstenaar en klavierspeler. Liedjies soos Karoonag het reeds klassieke status in die Suid-Afrikaanse musiekskat bereik, en is dan ook een van die liedjies wat in die program ingesluit word.
Lucas Maree is een van ons mees geliefde liedjieskrywers en storievertellers. Min mense besef egter dat Lucas ook ‘n uitstekende akoestiese kitaarspeler is en op houtgeweer stel hy hierdie talente ten toon.

|