Hugo
Somtyds kan mens nie anders as om dood eenvoudig net in vervoeri ng te verval wanneer Hugo en sy Band op ‘n verhoog klim nie.Die samevoeging van sy verhoogproduksie en Hugo se diep persoonlikheid en sterk stem maak “Deur die Straights” ‘n moet om te sien.Met oorspronklike treffers soos “deur die straights” , “die hysbak song”, “saartjie van biesiesvlei” en “jantjie pieterse”,’n paar nice covers en ‘n paar ander word die kyker op ‘n musicale “rollercoaster” van emosie geneem.
“Die ander kant van die muntstuk lyk beter. Luister asseblief na die nog relatief onbekende sanger van Vanderbijlpark wat slegs bekend staan as Hugo. Sy eerste CD, Deur die straights, is pas uitgereik deur Bowline, en die title-track hiervan is geskryf deur ene Anton Myburgh. Hugo sing dit met 'n stem so eerlik soos
growwe brood en water (om 'n uitdrukking te steel van een van Rapport se rugbyskrywers)”:
Op Knysna draai jy af na Outeniqua- pas 
Teen die berg, dis erg, Graaff-Reinet lê nog ver
Ek wil huis toe gaan
Die num-num en kambro van die Klein Karoo
Beaufort-Wes dink ek net, dink ek net aan jou
Ek wil huis toe gaan
Deur die straights en om die draaie na jou
--Koos Kombuis---Rapport
Hier is “n paar lesse vir menige wat hoop om ‘n CD te maak. 1.Jy is nooit te oud nie. 2.Jy kan ‘n goeie debuut CD maak met nuwe musiek. 3.Kry die bes moontlike mense om op jou CD te speel en dit te vervaardig.Hugo kry volpunte.Deur die Straights het die potensiaal om mense met enige smaak gelukkig te maak.
--ILza Roggeband—Huisgenoot
“Dis egter die oorspronklike snitte op die album wat ‘n indruk maak.
Hugo het ‘n toekoms in die afrikaanse hoofstroom.”
--Pieter Redelinghuys---Insig
Die begeerte is groot om aan Hugo 4 sterre vir hierdie album te gee,
maar mens kan nie net sterre uitdeel omdat jy deur iemand se stem betower word nie.
Die feit dat hy deur kunstenaars soos Lochner De Kock en Theuns Jordaan raakgesien is,
bewys dat hy baie potensiaal het.
--Mariana Malan—Beeld
Hugo het ‘n aangename stem wat nooi om te luister.’n Donker rasper, ja,
maar enersyds lig en melodieus.En die werklike pluspunt:Hy vertolk suiwer,
elke word is nie net op noot nie, maar ook duidelik uitgespreek.Gevolglik wil
jy na sy klankvertellinge luister.
--CJ De Swart--Vrouekeur

|