| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

At last! - A South African singer with the sultry, sensual voice and style more often found in classy jazz-bars around Paris, New York or Rio. Since her early days as backing singer for artists like Christina Azevedo and David Kay and her debut on national television in 2003, Ilze Gous quickly developed into one of our top female vocalists.

With her astonishing vocal quality and backed by an excellent 4-piece band, Ilze brings magic to some old classics as well as her own compositions in Afrikaans and English.
Veral haar eie liedjies in Afrikaans bring 'n vars nuwe dimensie aan plaaslike musiek. Moet egter nie verwag om haar te sien op die oop verhoë by kunstefeeste voor luidrugtige skares nie.

Dit is in die meer intieme, stylvolle venues waar jy haar sal vind.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development