| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Jakkie is op Oudtshoorn gebore in die laat “seventy’s” toe snorre nog sexy was en vrouens nog op hoërskool hulle hare kon perm. Sy pa was die dominiee op die dorp, maar het ‘n beroep na Bellville aanvaar.

Jakkie was 15 jaar oud toe sy ouer boetie Frikkie op ‘n motorfiets verongeluk het. Emosioneel het dit Jakkie se skool punte affekteer en sy sosiale lewe laat vlam.

Op sestien het hy ook ‘n motorfiets gekoop. Presies een jaar na sy broer se dood het hy en ‘n vriend met meisies agterop hulle motorfietse in ‘n kop aan kop botsing met ‘n dronk bestuurder betrokke geraak.

Jakkie se vriend is langs hom op die teerpad oorlede, sy vriend se meisie het breinskade opgedoen, maar met die Heer se genade het Jakkie net wonde aan sy arm en bene gekry. Sy meisie het ook baie lig daarvan afgekom.

Hy was na dit steeds ‘n vreeslike onrustige tiener op hoerskool, maar kon nie meer sport beoefen nie. Sy ouer broer Hennie, se vrou het vir hom ‘n kitaar geleen met die hoop dat dit hom besig genoeg sou hou sodat hy uit die kwaad kan bly. Jakkie het die kitaar vinneg baas geraak en sy vriende by braaivleis partytjies begin vermaak.

Liedjie skryf en grapperige singstories het vir hom bloot as ‘n stokperdjie by kuiers begin.

In 1996 het Jakkie saam met ‘n groep vriende vir die naweek Gansbaai toe gegaan. Daardie naweek het een van sy groot liedjies, “Rambo die polisiehond” die lig gesien. Die liedjie het deel van die vriendekring se kuiersongs geword.Hy het in 1997 gematrikuleer by Hoërskool DF Malan in Bellville en is daarna na Universiteit Stellenbosch om homself te kwalifiseer vir die graad B.Com. ‘n Lening is by die bank gemaak en die koshuisplek is geresserveer. Ja,die lewe het heel normaal en vooruitbeplan gelyk vir Jakkie Louw…

Hy het begin sing by seker plekke in Stellenbosch en sy koshuis pêlle sou altyd kom saam kuier. Jakkie het besluit om van sy liedjies by ‘n goedkoop ateljee op te neem in Bellville. “Yesterday Vandag en Tommorow” is opgeneem en presies ‘n honderd kopiee is gedruk.

Die liedjies wat daarop was was onder andere, “Rambo die Polisiehond”, “Party in die Wes Transvaal” en “ ‘n Bottel Tas.” Op daardie stadium was Jakkie tweede jaar B.Comm en in die manskoshuis Helshoogte.

‘n Vriend van hom het hom vertel van die Internet en die Stellenbosch netwerk. Dit is waar jy liedjies vanaf ander studente op kampus se rekenaars kan download op jou rekenaar. “Gee” was

ook toevallig die grootste Afrikaanse liedjie versamelaar en het Jakkie se CD op die netwerk geplaas.

“Rambo die polisiehond” het letterlik oornag ‘n Stellenbosch anthem geraak.Jakkie se shows het begin voller raak en die KKNK het hom begin bespreek vir die oop verhoe.

‘n Vermaaklikheids maatskappy van Melkbos Strand met die naam Impressario het vir Jakkie saam met Koos Kombuis op toer geplaas en daardie selfde jaar het Jakkie besluit om sy studies op te skop om meer tyd te hê vir sing. ‘n Klein platemaatskappy van die Strand (Afrimusiek) het vanaf 2000 vir Jakkie twee CD’s opgeneem. Die eerste getiteld “Makietie” en die ander een “Klein Karoo Cowboy.” Die CDs het altwee stadig maar seker begin verkoop. Hy het toe verhuis na die Stad wat hom sou maak of breek.

Jakkie en sy Boland Band het na die 2002 KKNK opgery na Pretoria met die hoop om ‘n suksesvolle toer. Die plekke was immers leeg en die bestuurders by die venues was maar skepties oor die Afrikaanse

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development