| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

Jan Blohm skryf gedigte vandat hy kan onthou. Hy was nog altyd aangetrokke tot die musiek van Chuck Berry en die ou rock 'n roll pioneers. Hy het na skool vir hom 'n pawnshop special acoustic gekoop en het nie net sy algehele haat van conformity ontdek nie, maar ook die wortels van rock 'n roll; die blues. Jan het altyd na B.B. King en Muddy Waters geluister en later na Rodriguez en Bob Dylan. Deesdae luister hy graag na Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top. Plaaslik is die CD’s van Anton Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg nie.

Na skool is hy na die lugmag by elektroniese kommunikasie en daar het hy homself leer kitaar speel. Vyf jaar in die lugmag was genoeg vir hom en hy het ‘n loopbaan in inligtingstegnologie begin. In 2002 het hy heeltyds sanger geword. Twee van sy liedjies is op Volk Jou! by Wildebeest Records opgeneem en in daardie tyd het hy ook klankingenieur geword.

Hoewel sy groot invloed Engelse musiek is, is daar net een taal waarin Jan kan en sal skryf. Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir digkuns en probeer ‘n digterlike eienskap aan sy musiek gee.

Jan en die twee lede in my groep, Johan Willemse (aka Noddy) op baskitaar en Riaan Diedericks op tromme, stem saam dat die nuwe kunstenaars net soveel het om oor te skryf as die voëlvry-groep van vroeër. Hulle het meer kwessies om te verwoord. Vriende gaan oorsee en mense sukkel om werk te kry, en hoe meer liberaal die samelewing word, hoe meer probleme – dwelms, geweld en vigs – is daar.

Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, het in 2004 verskyn. Jan het met die 2005 GMT-Toekennings die kollig gesteel toe hy te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het. Die GMT is ‘n SABC 2-inisiatief en word as die belangrikste seremonie vir die Afrikaanse musiekbedryf beskou.

Jan het die toekenning vir “Album van die Jaar” vir sy debuut Melkstraat Confessions ontvang, sowel as “Liedjie van die Jaar” vir Breyten se Brief van dieselfde album af. Hy is ook as Beste Nuweling van die Jaar aangewys.

Die bekende Suid Afrikaanse TV direkteur, Frans Marx, het Jan in April 2005 genader om ‘n hoofrol in ‘n Afrikaanse dramareek vir KykNet en MNet “Dit wat stom is” te speel. Jan het ook die titelmusiek, “Dromer”, vir die reeks geskryf en gekomponeer. Jan het in Oktober 2005 die Huisgenoot Tempo Toekenning vir “Die beste rock groep” ontvang.

Jan se tweede album, ‘n Stille Runaway, is in Januarie 2006 opgeneem en al die liedjies is self deur Jan geskryf en gekomponeer. “Dromer” die titelmusiek vir die dramareeks “Dit wat stom is”, is ook op hierdie album te vinde.

n Stille Runaway bied ‘n verskeidenheid musiekstyle wat strek vanaf rock, blues en ballades tot ligte jazz. ‘n Verrassing op die album is dat Jan self klavier speel op twee van die liedjies: “Ja ma” en “Vanoggend Van Gogh”.

Die musiekvideo van die liedjie “In wens” is opgeneem tydens die opname van die album in Clarens in die Vrystaat.

Hierdie nuwe album is alles wat al die lojale “fans” voor gehoop het en belowe ook om net om elke hoek en draai nuwe aanhangers te wen. Getrou aan die diep, rou styl van Jan Blohm is hierdie ‘n juweel van ’n besitting waaroor jy nooit sal spyt wees nie

Jan Blohm. Rarely does a new young artist make such an impact in such a short time, but in the case of Jan Blohm it is fully deserved. With raw, emotionally laden lyrics backed by a rock solid rhythm section, this man belts out his passion for his language, his culture and his country. This is blues that cuts like a knife and reject with contempt the belief that Afrikaans is only about” braaivleis-jolyt” and “sokkie-jol - treffers”

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development