| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

Karla du Plessis is reeds ‘n gevestigde kunstenaar en haar eerste twee albums skep ‘n soliede platform vir die verskyning van haar derde album STEEDS OP VRYE VOET
In die Afrikaanse musiekmark is dié alblum beslis uniek – luistermusiek met karakter en styl. Dit is steeds Karla op haar eiesoortige manier – net beter; in haar eie styl – net anders. Die album is meer kommersieel – selfs meer polsend – maar steeds gevoelvol en sonder dat die unieke karakter van haar musiek- en vertolkingstyl ingeboet is.
STEEDS OP VRYE VOET vul ‘n leemte in die Afrikaanse musiekmark aan goeie, lekker-luistermusiek met ‘n kontemporêre klank wat smaakvol aangebied word en met klankgehalte, musikale verwerkings en produksie van internasionale gehalte. Die reaksie op hierdie album is uiters positief. Waar haar musiek voorheen hoofsaaklik op ‘n nismark gefokus was, val haar nuwe CD in ‘n veel breër luisterspektrum, iewers tussen niche en kommersieel, en kan geklassifiseer word as goeie gehalte pop wat by ‘n wye luisterpubliek sal aanklank vind.
Murray Lubbe - onder die top 5 finaliste van Zing II - skuif agter die klavier in en saam smelt dié twee talente van hoogtepunt tot hoogtepunt. Karla se vertolking is uitnemend en dui op die feit dat sy meester is van hierdie genre.
Die gehoor is so stil, jy sou die spreekwoordellke speld kon hoor val, was dit nie vir Karla du Plessis se verruklike stem wat die gehoor soos 'n warrn kombers omvou en vasvang nie.
Sy staan in die middel van die verhoog, haar lang wynrooi aandrok hang sag en vroulik om haar grasieuse figuur. Sy sing met soveel passie en oorgawe dat ek skone verwondering op die gesigte om my bespeur.
Die intensiteit in haar musiek spreek tot elkeen in die gehoor en ek sluk 'n paar keer hard voordat ek suksesvol van my trane ontslae raak. Aan die einde van 'n emosiebelaaide vertoning is die gehoor op hul voete en rnet dawerende applous word daar vir nog net een liedjie gesmeek, asseblief ...
Afrikaanse styl en elegansie! Dankie tog! Hier het ons 'n jong dame met styl! Iemand waarna jy kan luister terwyl jy rustig agteroorsit en 'n glasie wyn vertroetel. En sy kan sing!
Ons kuier in Karla se sitkarner en sy sit gemaklik op 'n stoel met haar bruingebrande bene onder haar ingevou. Sy gesels openlik, sonder om haar gevoelens weg te steek. Ek verwonder my aan hierdie jong vrou met soveel verskillende fasette aan haar persoonlikheid.
"Ek wil nie sê ek is 'n dramatiese vrou nie, maar daar is 'n kant aan my persoonlikheid wat neig om dramaties te wees. Maar dan het ek ook 'n ongelooflike ligte kant. Ek dink my vertonings neig om dramaties en romanties te wees omdat baie van die liedjies wat ek nou sing so is.
Ek skryf nooit net liedjies spesiaal vir 'n show nie. Baie van my liedjies vertel stories, maar daar is ook sommer net lekker liedjies wat niks beteken nie."
Karla skryf haar musiek en lirieke uit haar ondervindinge en uit haar hart uit. Haar musiek weerspieel dele van haar menswees, wie sy is en wat haar verwagtinge en drome is."Ek het liedjies wat sommer uit niks uit geskryf is, wat niks sê nie. Dit is ook lekker, maar meeste van my liedjies vertel maar 'n storie." Karla weier om liedjies onder druk te skryf. Dit mag nooit 'n gejaag wees om iets klaar te kry nie en tog meen sy dat sy nie 'n perfeksionis is nie.
"My musiek moet nooit werk wees nie, dit moet deel van my wees, van wie ek is." Anders as baie ander jong kunstenaars wat 'n CD saamflans en op tegnologie staatmaak om na iets te klink, het ons hier te doen met ware talent. Hoekom is ons volk tog so behep met vloekwoorde, snaaksighede en oordrewe soetsappighede? Hier is 'n kunstenaar wat nie nodig het om allerhande foefies te gebruik om gehoor te word en skares na haar vertonings te lok nie." My musiek is 'n kombinasie van baie style. As ek moet se hoe my musiek klink, dan sal ek se, omdat rneeste mense weet wie Koos du Plessis en Laurika Raugh is, dat my musiek baie in daardie trant is."
Vir die ongelukkiges wat steeds nie weet hoe Karla klink nie: maak 'n plan en gaan luister! Estee Booyens Vrouekeur Feb '02.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development