| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Kevin Leo

Dit was vroeg in sy lewe reeds duidelik wat hierdie man met sy lewe wil doen. Kevin se debuut album (vrygestel in 1995) getiteld Kevin Leo ”C est la vie” is ‘n uitmuntende afrikaanse album met treffers soos “Ek sal jou nooit vergeet “, “Liewe broer” en die immer gewilde “Se C 'est la vie” , wat Kevin ‘n bekende naam in Suid Afrikaanse huise gemaak het.

Sy liefde vir musiek het hom gedryf om die immer gewilde ensemble - groep "Drie van die Bestes" (homself, Danie Niehaus en Mathys Roets) in 1997 tot stigting te bring. Hierdie ongelooflike ensemble het van krag - tot - krag gevorder met drie topverkoper albums, getiteld Drie van die Bestes Millenium, Drie van die Bestes Platinum , Drie van die Bestes “The Good, Bad and Ugly”.en nou hulle splinternuwe DVD “Live in Paarl”

Kevin se wonderlike sangtalent is al gehoor op verhoeë in Engeland en Italie. Voce, sy nuutste album, is saamgestel uit al Kevin se gunsteling ligte opera en Nepolitaanse nommers, wat by al sy vertonings die mense op hulle voete het. Die CD bevat nommers soos "Always on my mind", "Caruso"en “O’Sole Mio”.

In Junie 2006 neem Kevin aan Italie se Internasionale Opera kompetisie “VALSESIA MUSICA” naby Milan deel , en verower die vierde plek. Die President van die kompetisie het Kevin tydens die Wenners Konsert , as “Pavarotti e Pocco” of Klein Pavarotti voorgestel. Kevin is ook by hierdie geleentheid deur die Direkteur van die Opera Konserwatorium in Milan , genooi om daar te kom studeer. Kevin het formele sangonderrig by die uiters bekwame Ina Snyman ontvang en kry tans meestersonderrig by die wereld bekende stemmeester, Dr.Emma Renzi.

Riek van Rensburg het in ‘n rubriek, Woorde en Note, die volgende van Kevin se musiek geskryf: “Kevin Leo sing die Lanza – gunstelinge in meesleurende stem.

Die verwerkings van sy nuwe CD, meestal deur Mauritz Lotz, getuig eweneens van goeie smaak. Die titel Voice is geensins verwaand nie.

Diè van Russell Watson, “The Voice”, wel; om nie eers Lesley Garrett se “The Singer” te noem nie. ( Beide is uitreikings in die laaste kwartaal van 2004.) Laasgenoemde twee se Cd’s kuier feitlik ononderbroke op die trefferparades. Selfs die BBC raak in ekstase oor diè en diesulkes se groot kuns.

Nee wat, ons plaaslike seun, Kevin Leo, se produk is van ‘n beter gehalte as sy oorsese konkurrent, waaroor al die histerie gaan. Dit is ‘n aanduiding van die oorrompelende effek wat deur bemarking bewerkstellig word.”

Kevin is voorwaar volksbesit en word met rede as Suid-Afrika se eie Pavarotti en Lanza beskryf.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development