Klopjag bestaan uit 4 lede. John-Henry Opperman (stem en kitaar), Dawie de Jager (stem en kitaar), Marie-Louise Pretorius (tjello) en Salmon de Jager (stem en mondfluitjie).
Die groep het in September 2001 saam begin optree in Pretoria in 'n reeks konserte bekend as "Die Boere Is Hier Om Te Bly!".
In Desember het die groep hulle eerste deurbraak gemaak deur die kontrak te kry om by die AKTV Hoofleiersimposiums op te tree. Hierdie is 'n baie gesorgte kontrak onder Afrikaanse kunstenaars en ander kunstenaards wat in die laaste view jaar hierdie kontrak gekry het was onder andere Coenie de Villiers, Valiant Swart en Beeskraal.
Na die sukses by die Hoofleiersimposiums het die ATKV Klopjag weer uitgenooi, om hierdie keer tydens die 4 ATKV-JEUGBERADE gedurende Junie en Julie 2002 op te tree asook die 4 JEUGLEIERSSIMPOSIUMS vir skoliere van reg oor die land in Desember 2002.
Klopjag se konserte bied iets vir oud en jonk danksy hulle oorspronklike lirieke en unieke instrument kombinasie. Alhoewel hulle 'n nuwe groep is het hulle baie oorspronklike liedjies en verkies om dit te speel.
Hulle het 'n baie suksesvolle 2002 gehad en baie kenners voel hulle is op die randtjie om deur te breuk en dat hulle n groep is wat die potensiaal het om 'n groot bydrae tot Afrikaanse musiek te maak.
Hulle reeks konserte "Koeeldoppies, one night stands en ander slaaptydstories" het groot opslae gemaak en die groep het verder 'n baie suksesvolle debuut gemaak by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn 2002.
Na Oudtshoorn het Klopjag in verskeie dorpe begin optree wat insluit Vanderbijlpark, Ellisras, Thabazimbi, Klerksdorp en Johannesburg. Hulle het egter meestal in Pretoria opgetree onder andere by Up the Creek, Maloney's, Raz-Matazz asook by die Unisa Kleinteater en die Aula op die Universiteit van Pretoria kampus.
In Augustus 2002 word Klopjag aangeweys as een van die 10 finaliste in die ATKV se landswye kompetisie Crescendo. As deel van die finaliste maak hulle twee TV verskynings op SABC2 se program Pasella.
Hulle maak verder ook hulle debuut op Aardklop in September 2002 en doen een vertoning by die ATKV Amfiteater en 'n optrede by die Huisgenoottent.
In November 2002 word hulle debuut CD "13/02" landswyd vrygestel en verkoop dit baie goed tot dusver.
Hulle kry op die oomblik baie radiotyd op onder andere RSG, TuksFM en Radio Oosrand.
Few young bands have made such an impact in such a short time…Their potential was immediately evident when they were appointed ATKV Crescendo finalists in 2002 , four months after forming the band. The group consists of Salmon de Jager, John-Henry Opperman, Marie-Louise Pretorius and Dawie de Jager. In 2003 all four resigned their jobs to become full-time musicians and months later they were nominated as best newcomers at the “Geraas Music awards. They are now regularly appearing on TV programs s.a Kwêla, JIP, Gons, Pitstop, and Belboks. Klopjag are no copy-cats – don’t expect “more braaivleis-jolyt” - Their music is full of original ideas and properly written lyrics..

|