Lagnes is ‘n skreeusnaakse groep manne wat gesonde improvisasie komedie skep wat geskik is vir die hele gesin, die hond, die kat en die goudvis wat dryf in sy bak. Die vertoning is geskoei op die gewilde TV-reeks, "Whose line is it anyway". Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes “Monsters” net daar uit.
Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.
Die sleutel tot Lagnes se sukses, is uniekheid. Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief 'n moet vir jou lagspiere. Enige iets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van julle, die gehoor, af.
Daar gaan natuurlik vir al die gelag betaal word, maar weet net, die gelaggery is beslis dit moeite werd!
|