| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

 

 

 

 

La Diva

La DivaLa Diva is 'n een van die mees opwindende musiekgroepe om die musiekbedryf te betree. Met hulle oorspronklike musiek, wat 'n gesofistikeerde mengsel is van volwasse kontemporêre popmusiek en 'n stewige dosis jazz, is hulle 'n vars bries in 'n musieklandskap waar dit haas onmoontlik geraak het om een groep van 'n ander te onderskei.

La Diva het hulle KKNK debuut in 2009 gemaak met hulle vertoning Wonderbra’s, Stiletto’s en al daai jazz, wat uitstekend deur gehore ontvang is en waarmee hulle bewys het dat hulle die spreekwoordelike spyker sommer met ‘n hoëhakskoen op die kop slaan. In 2010 het hulle dit weer gedoen met Cocktails, Convertibles en al daai Jazz, ‘n “upbeat” samesmelting van oorspronklike- en bekende musiek, humor, en inspirerende musikaliteit. Soos feesvoos lede van die gehoor gesê het: “Ons was moeg toe ons hier aangekom het, maar nou is ons reg om die dorp rooi te verf!”

Hulle is ook van die min kunstenaars wat Laurika Rauch uitgesonder het om deel te wees van haar produksie, ‘Laurika en Nuwe Vriende’ in 2008, asook ‘Laurika en La Diva Maak Musiek” wat in September 2009 by die Gariepfees debuteer het.

Die drie Divas bestaan uit Nelmarie Naudé as hoofsanger, Karmi Marais op klavier en agtergrond stemme, en Marlé Jacobsz op dromme, perkussie en agtergrond stemme. Hulle het in 2003 ontmoet terwyl hulle jazz studeer het aan Tswhane University of Technology se School of Music, en in 2006 het hulle besluit om hulle musikale kragte saam te span. Hulle debuut album ‘Like a Feather’, is vervaardig deur die bekroonde Marius Brouwer wat al fenomenale werk in die verlede gedoen het met plaaslike legendes soos Nianell, Amanda Strydom en Nataniël, om ‘n paar te noem.

La Diva se musiek is 'n vars en oorspronklike mengsel van gedistilleerde kontemporêre popmusiek met 'n stewige skeutjie jazz. Die veelsydige trio se vertonings is geskik vir enige geleentheid, en ewe gemaklik in Afrikaans en Engels.

Laurika Rauch beskryf die trio La Diva as “wonderlik – ‘n unieke wenkombinasie wie se musiek toeganklik is vir ‘n breë publiek. Hulle is talentvol, toegewyd en boonop mooi ook!”

“Hulle het ‘n niche in die musiek bedryf gevind wat baie min kunstenaars in Suid-Afrika regkry!” – Snotkop

La Diva

La Diva is one of the most exciting groups to appear on the South African music scene. Their original music is a sophisticated blend of jazz and adult comtemporary pop, and their distinctive sound sets them apart from any other female trio in the country.

The three Divas are Nelmarie Naudé (lead vocals), Karmi Marias (Piano and backing vocals) and Marlé Jacobsz (drums, percussion and backing vocals). They met in 2003 while studying jazz at Tshwane University of Technology’s School of Music., and started performing together in 2006. Their debut album ‘Like a Feather’ was produced by Marius Brouwer, and one of their singles, ‘You blow me a kiss’ from the album was the only local song to be included on the CD Jazz Café distributed by Next Music.

La Diva made their KKNK debut in 2009 with their show Wonderbra’s, Stilletto’s and all that Jazz, wich was a huge success with festival audiences. In 2010 they wowed audiences with their new production Cocktails, Convertibles and all that Jazz, an upbeat mix of original music and covers, with lots of humour and inspiring musicality.
The female trio’s music appeals to a wide audience, and their entertaining shows are equally brilliant in Afrikaans and English.

DNA Online - Website Design and Development