KRUGER KOOK!
‘n Resep vir Moelikheid
deur Leon Kruger
GENRE: Komedie
ROLVERDELING: Leon Kruger
By die pas afgelope KKNK is hy vir 2 Kanna’s genomineer. Een koerant noem hom die Schalk Burger van die teaterwêreld en volgens ’n ander is hy die veelsydigste kunstenaar in die land en sy ma hou vol dis nie haar skuld nie.
Kruger is te sien in sy nuwe een man komedie, KRUGER KOOK, ’n unieke mengsel van skerpskets en karakterkomedie waar hy alledaagse situasies en mense op n soms stoute manier lewe gee.
Ontmoet Hendrik, die sekuriteitsman met die Magnum snor wat by ADD werk. Ons kry te doen met n selfmoord bommer wat gefire word. Nurse Betty, die tannie wat al die seuns in gr 2 in hul onderbroeke laat staan het en dan gedwing het om te hoes. Letitia, die meisie op die hoek van Lus en Loop wat haar lyf saans om die robot drape en beloftes van lekker kry verkoop. Dan klim hy ook onder die politici in en beskuldig almal dat hulle nie die Meester van hul Peester is nie. Eina! Dit alles terwyl hy ’n uur op die foon moet aanhou want sy internet het gekalf en sy krag staan op 2 eenhede en hy kan net krag via die internet koop. O ja, voor ek vergeet, in die laaste skets gee Leon eindelik sy Sterfbed resep vir Moelikheid. Al wat ek daaroor kan sê is: Wees bang, baie bang as hy jou eendag nooi vir ‘n braai!
Ouderdom: 16T

Leon Kruger
Die vraag is: Wie de hel is die kaalkop en wat maak hom dink dat hy in die lank van oorvol wannabes, net nog een van die hordes gaan word? Kom ons vra Leon Kruger.
Wel tannie.in die eerste plek. Ek is gebore in 'n plek met die naam Vanderbijlpark in een moerse hospitaal, wat ek seker is nie meer bestaan nie. Ek het grootgeword in 'n plek met die naam Kibler Park in die suidelike voorstede van Jo'burg. Ja, julle het reg gelees, die suidelike voorstede, maar soos my moeder altyd sê: " My kind, ons is arm maar ons is darem nie common nie." Ek het eers heelwat later in my lewe common geword, bygesê uit eie keuse. Dis net 'n leefstyl waarmee ek gemaklik is en nie hoef voor te gee nie, alhoewel in my vriendekring is soeke na die " Nirvana Common" so groot dat dit nou common raak. En om alles te kroon, bly ek nou in die noordelike voorstede van Kaapstad (fokkit, ek kan net nie 'n voorstad kies nie) .
Laerskool Dalmondeor, was die plek waar ek leer lees, skryf, pee shooter skiet, vuisslaan en onder meisies se rokke kyk, 'n kunste wat ek later in Hoërskool President vervolmaak het. Na 1 jaar in President, was ek vir een jaar in Hoërskool Grens in Oos Londen en 3 jaar in Hoërskool Tygerberg in die Kaap. Ja, ons het wyd getravel want my pa was op daai stadium 'n polissmous. 'n Beroep waaraan travel al waarvan jy verseker is. .
Na hoërskool is ek vir 'n week Army toe, ja, die fokkers wou my nie hë nie. Ek was reg om daai R 12 miljoen se ROOIKAT met mening op te fok, toe hulle sê ek het nie die rug daarvoor nie. Klaarblyklik was die mediese personeel in die Army glad nie so sleg nie, want die bevinding is 2 jaar later bewys toe ek in my 2de jaar Dramastudie vir een moerse rugoperasie moes gaan. Dit was die einde van my studie en loopbaan as natkak akteur, wel op daai stadium het ek so gedink.
Om 'n rand te maak, begin ek toe so bietjie speel op die vlooimarkte en die eindresultaat was my eie klere label, wat as basis gedien het vir uitvoerklere in Afrika in. Dit daar gelaat, al wat ek daaroor wil sê is, verseker is versekering 'n pyn in die gat, maar jy is verseker inni kak as jy nie verseker is nie - daaroor is ek nou ook seker.
Met sekerheid in my hart, dat ek nooit die antwoord op Afrika se klerekwessie gaan wees nie, besluit ek toe maar om my tasse, o ja, ek was bankrot, my tas te pak en op skuld oorsee te gaan. Daar waiter ek in die kakste pizza plek ooit, maar maak ook kak baie geld want die Arabiere hou glo van kak pizza en 'n waiter met 'n kak houding. (Hul tip met 'n smile, nadat jy hulle uit die restaurant gejaag het.).
Na drie jaar in 'n lekker London (en maande op ander plekker wat ek nie onthou nie) , besluit ek om terug te kom en 'n natkak akteur te word. En soos julle weet, try ek nog!

|