| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

DIE LAASTE AFRIKAANSE SUPERHERO... MET LEON KRUGER
Teks: Leon Kruger
Akteurs: Leon Kruger en Esther von Waltsleben
Tydsduur: 70 minute
Regie: Donald Duck

“ Albei akteurs beskik oor bonatuurlike komiese talente. Kruger se vermoë om sy gesig te verwring is genoeg rede om die stuk te sien. As jy Monty Python of Will Ferrel geniet, sal dié verhoogstuk jou gesig laat smelt.”
KKNK KRIT 2010

Ons wêreld is sonder helde: Superman se rooi onderbroek is tydens 'n laatnag strip poker game in Seepunt gesteel, Batman en Robin kon eindelik trou en in Kleinmond afgetree, Spiderman weef deesdae hangmatte in Jeffreysbaai en sedert Nelson Mandela nie meer wil vlieg nie, moes iemand die fakkel oorneem!

Dis die storie van Pieter Cronje, 'n doodnormale Afrikanerseun, sy naam kon net sowel Boeta gewees het. Pieter droom daarvan om eendag iets groot te doen, iets wat die wêreld 'n beter plek kan maak, iets wat hom kan laat uitstyg bo die res.

Die Laaste Afrikaanse Super Hero is 'n handleiding vir die moderne man met outydse waardes.

Die akteurs Leon Kruger en Esther von Waltsleben span die eerste keer kragte saam in die komedie. Mans wil soos hy wees en vrouens wil hom hê!!

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development