| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

DIE BOER RESTAURANT TEATER
BIED AAN
LIEWE HEKSIE EN DIE WALS

Met Margit Meyer-Rödenbeck
Deon van Zyl en
Mot, die teaterkat

Dis ‘n eerste vir die Boer Restaurant Teater; sy eie kinderteaterproduksie. Die teks is geskryf deur eienaar Margit Meyer-Rödenbeck, wat ook die rol van Levinia Heks vertolk. “Dis vir my heerlik om terug te gaan na daar waar ek begin het in die teater. Ek het op ‘n stadium so baie die rol van die liewe heks vertolk, dat ek selfs in my slaap soos sy begin praat het.” Die Boer se splinternuwe bestuurder, Deon van Zyl, wat ook ‘n honneursgraad in Drama het, vertolk die rolle van Koning Rosekrans, Karel Kat en die nare Geelheks in die storieteaterweergawe van Liewe Heksie. En om te bewys die produksie 100% “tuisgebak” is, vertolk die Boer se eie teaterkat Mot, die rol van Matewis.

Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie “Strictly come dancing”? Weet sy dan ooit wat ‘n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies op die Silwerroos kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development