LIZE BEEKMAN - SIT ‘N BIETJIE LANGS MY
met
Juan Oosthuizen
(kitaar en agtergrondsang)
David Klassen
(perkussie en agtergrondsang)
Regisseur – Nina Swart
“LIZE BEEKMAN - Sit ‘n Bietjie Langs My” is geleentheid vir die gehoor vir terugsit en lekker-luister na die liedjies van Lize Beekman se nuwe solo-CD. Na die sukses van haar vorige solo-CD, Draadkar oor die See (2005) en die onlangse vrystelling van Lize Beekman Lullabies (2007), is dit met groot afwagting en opgewondenheid wat haar aanhangers uitsien om die nuwe liedjies te hoor.
Inhoud
Die vertoning sal oorwegend bestaan uit die liedjies van die nuwe CD, afgewissel met ou treffers – alles natuurlik oorspronklike musiek en liriek uit die pen van dié bekroonde sanger-liedjieskrywer. Liedjies van die nuwe CD sluit in: Ek het ‘n Boer sien Dans, Suidland Gebed, Halleluja op Nieu-Bethesda, Dit dan Dit, Diepsee of Knysna Bos, Baby – ek kry jou daar, Hoe jy dit oor jou hart kry, Sal jy Probeer Onthou en ander. Ou treffers soos Draadkar oor die See en Dankbaar vir Aeroplanes word ook ingesluit.
Betrokkenes
Lize begelei haarself op kitaar en word bygestaan deur Juan Oosthuizen (kitaar en agtergrondsang) en David Klassen (perkussie en agtergrondsang). Hierdie 3 musikante is ‘n gesoute kombinasie, en die aanvoeling en afronding van jarelange samewerking, is merkbaar in die hoë standaard van musikaliteit en aanvoeling. Nina Swart (regisseur) het ook al vir geruime tyd ‘n hand in Beekman se vertonings, en haar insig in die produk is merkbaar in die sukses van vorige vertonings waarby sy betrokke was – ‘n Bietjie Nader (KANNA-wenner) en tussenINbetween (KANNA-nominasie).
Dit beloof, soos altyd, ‘n afgeronde musikale vertoning te wees en ‘n intieme en sielvolle ervaring vir die gehoor.

Lize Beekman, Afrikaans singer and songwriter is perceived as one of our country’s most talented songwriters.
Apart from performing her own songs, she has also written lyrics for well known artists including: Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Amanda Strydom en Elzabé Zietsman.
She has released 3 of her own albums up to date: “Eyes of a Child”, “Cake” and “Iemand Het Gesê”. Her first album “Eyes of a Child” was nominated for a SAMA award - ‘Best Adult Contemporary’.
She also impressed with the performance of the title track of the television series “Soutmansland”. One of her songs “Sonneblom uit Betlehem” was nominated for ‘Best Song of the Year’ – Geraas Awards 2003
Geliefkoosde CD: Op die oomblik die klankbaan van die fliek Iris.
Geliefkoosde fliek: Antonia’s Line.
Geliefkoosde gereg: ’n Gebakte eier en gerasperde kaas op roosterbrood.
Geliefkoosde drinkding: Ek is nogal ’n koffiepot en drink graag cappuccino.
Geliefkoosde kinderherinnering: Net dat ek kind was. Eers as jy groot is, besef jy hoe bly jy moet wees dat jy die lewe met ’n bietjie van ’n blaaskans begin het.
Geliefkoosde reisbestemming: Huis toe. Ek is so baie op die pad dat dit altyd lekker is om huis toe te gaan.
Raad aan jong liedjieskrywers: Hou dit eenvoudig.
Geliefkoosde kleur: Blou.
Geliefkoosde klere: Jeans en ’n T-hemp of gemaklike hemp.
Waarvoor sal jy snags opstaan? Wanneer ek ’n liedjie in my kop kry. As dit gebeur, weet ek dit moet dadelik neergeskryf word.
Is jy al ooit met iemand anders verwar? Dit het al meer as een keer gebeur dat mense dink ek is Therese Benade (Katryn in Song vir Katryn). Baie vreemd, want vir my lyk ons glad nie na mekaar nie.

|