| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Lollos: Bons dat dit Gons!

Please note that our “kiddies” menu is only available during Children shows in the day and NOT during our regular evening shows. 

Lollos, die vriendelike wesentjie van Lala-land kom kuier weer by maatjies op aarde en die keer gaan hy, Alta en Minki op vakansie!

In die splinternuwe vertoning gaan die drie op ‘n prettige treinrit met Gedang-Gedang. Gedurende die ‘vakansie’ kan ook uitgesien word na liedjies soos See Toe en FAK bekendes soos Koring Sny en Stadig oor die Klippertjies.

Daar word ook natuurlik weer ietsie geleer op Tikke Takke Tok, ‘n liedjie oor ‘n horlosie asook die Dae van die Week. Gesond eet word ook aangemoedig op Smarties en Tamaties.

Gedurende al die liedjies word die bewegings weer aan die kinders geleer en so word almal sommer lekker fiks! Daar word omtrent rondgebons en gedans op Spring Op! en Shongololo.

Na die vertoning sal die tweede Lollos CD, Bons dat dit Gons! ook te koop wees asook die gewilde Lollos poppe, DVD en hempies. Vir meer inligting besoek gerus www.lollos.co.za

DNA Online - Website Design and Development