| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

LUNA EN GERALD CLARK
21 NOVEMBER
DIE BOER

LUNA EN GERALD CLARKGerald Clark word in die sirkel van Suid-Afrikaanse kunstenaars en musikante gereken as een van die grootste en kraakvars erkende talente in ons land!

Gerald Clark is aan die meeste mense bekend as die frontman van die gewilde blues band, Delta Blue. Met ‘n ongelooflike passie vir die blues en ‘n merkwaardige songwriting- en sang talent – het Gerald oor die laaste paar jaar ongelooflik gegroei as kunstenaar en betrokke geraak by verskeie projekte. Elke projek was uniek in sy soort en dui op Gerald se veelsydigheid as kunstenaar en sy vermoë om sy musiek en vertonings aan te pas volgens die verskillende teikengroepe in die musiek industrie. In elke projek waarin Gerald Clark betrokke is speel hy veral ‘n groot rol in die skryf en toonsettings van die songs.

En nou met sy debut Afrikaanse CD...SWEEPSLAG, gaan hy Afrikaners laat snik na hulle asem en emosie soos hy hulle met sy rou kitaar, lirieke en stem neem na ‘n plek waar hulle nog nooit was nie...

Luna, het net soos Gerald Clark haar loopbaan afgeskop in Stellenbosch en vinnig naam gemaak as ‘n kunstenaar met uitsonderlike songwriting- en sang vaardighede. Sy het haar eerste verskyning in die musiek industrie gemaak as deel van die Eve: Women in the Garden of song projek, waar sy gewerk het saam met vroue soos Lesley Rae Dowling, Laurinda Hofmeyr, Eugenie en Nicole Holm. Luna het kort daarna haar eerste album vrygestel, wat gevolg is deur ‘n tweede vollengte CD, Missing Pieces. Albei die CD’s is met groot lof besing deur die media en is goed ontvang op radio.

As solo kunstenaar het Luna die geleentheid gehad om saam met van ons land se beste kunstenaars en sessie musikante te werk en op te tree. Luna het virLUNA EN GERALD CLARK internasionale band, K’s Choice in Johannesburg en Pretoria geopen, ‘n pragtige duet (Stellenbosch Lovesong) saam met Jak de Priester gesing en is nou betrokke by die Kanna genomineerde produksie Elders aan Diens, saam met bekroonde aktrise Nicole Holm en Frieda van den Heever.

Luna stel eersdaags haar nuwe musiek vry op die internet. Die eerste drie snitte sal gratis beskikbaar wees op haar webwerf en beloof om haar getroue volgelinge te verras met ‘n vars nuwe klank. Lees meer hieroor op www.lunamusic.co.za teen volgende week (17 November).

Gerald Clark & Luna se paaie het al baie gekruis. As mede-kunstenaars en vriende het hulle nog altyd ‘n hoë agting vir mekaar se werk en sangtalente gehad. Die twee songwriters en sangers het uiteindellik besluit om hulle talente saam te snoer en ‘n vertoning aanmekaar te slaan, wat sal bestaan uit ‘n kombinasie van beide se musiek (Afrikaans & Engels), asook ‘n cover of twee. Die twee kunstenaars sal mekaar ook begelei op klavier en kitaar en sal verskeie songs saam sing. Luna en Gerald bring ‘n lekker band saam wat sorg vir bietjie ritme. Beide hierdie kunstenaars is al beskou as kunstenaars wat nie vir een oomblik hoef terug te staan vir internasionale kunstenaars nie. Ware talent waarop Suid Afrikaners kan trots wees!

Luna

In a world in which we are surrounded by mass media mediocrity, Luna surprises with an astonishing presence. Her audiovisual live performances leave audiences awestruck and speechless, intrigued by her stories, delivered through well-crafted lyrics. With her powerful, soulful voice, Luna takes you on a hypnotic and moving voyage.

Her love for song writing and the piano started in her teens, during which time she was heavily influenced by the great songwriters of the 70’s. Artists like Jackson Browne, Jim Croce, Karen Carpenter and Paul Simon, all played a part in shaping her sound.

Luna studied Social Work at the University of Stellenbosch. After a four year degree she decided to combine her passion for people with her love for music and completed a Masters Degree in the therapeutic use of music in group therapy to treat chemically dependents. While at university Luna started performing her songs at poetry evenings, building a small but loyal following.

Luna’s introduction into the music industry came in 1999 when she was discovered by a small label called Afrimusik at one of these magical evenings. Afrimusik produced a compilation album (Eve: Women in the garden of song, 2000) of female singer/songwriters with artists like Lesley Rae Dowling and Laurinda Hofmeyr and included three of Luna’s original songs.

After her studies she started performing regularly and in 2003 recorded her first album. As a collection of Luna’s ‘favourite first songs’ the album consists of seven songs, some of which she wrote while still at school. The product was raw and unique and was well received by both music industry critics and Luna’s fans. A review of this album on an international music website stated the following, “If Luna were from New York, she’d be the latest rage!”

Her second album titled “Missing Pieces”, recorded in 2005, showcased songs she wrote over a two year period while touring and performing extensively. The album has a much more sophisticated, produced sound than her debut album and featured some of South Africa’s best session musicians. Inspired by her experiences as a twenty-something at the turn of the millennium, the album is a selection of up-beat pop songs and dark introspective ballads. Thematically the album strives to paint a realistic portrait of relationships in modern society.

In 2005 Luna relocated from Stellenbosch to Pretoria to expose her music to a bigger market. During this period Luna had her first number one song on radio taken from “Missing Pieces”. The music video for her hit song “Somewhere beautiful” was A-listed on MK89 and due to its popularity Luna was invited to appear on various TV programs as well as being featured in numerous newspapers articles and magazines.

Now, 2007, Luna was officially accepted to host her own show at the Klein Karoo National Arts Festival. The show entitled “Vier Seisoene” was well received at various venues including theatres such as the Centurion Theatre and festivals such as the Bank Windhoek Festival in Namibië. Teaming up with blues-guitarist Henry Steele(Delta Blue), she received rave reviews at KKNK for this production.

Finally, Luna is currently negotiating with record labels in order to record her next album, planned for release towards the end of 2007. This project will be Luna’s first Afrikaans album and promises to be a new sound in Afrikaans

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development