Marion Holm
Na die ongelooflike sukses van 2004 se SUSSIE IS NOU SUUR en 2005 se SUSSIE RAFEL NOU UIT, maak Marion weer so in Braaivleis, rugby, sunny skies en... SUSSIE! wat sy langverwagte debuut maak by KKNK 2006.
Sien, al wat Sussie wil doen, is om 120 kilometer per uur te ry op die N1. Sonder dat groot Duitse karre haar soos ‘n Cartoon Network-karakter plat ry. Sonder dat sy taxi passasiers wat in die regterbaan afgelaai word, moet vermy. Sonder die vrou met die geteasde kop wat met haar vingertaal praat – en Sussie weet vir ‘n feit sy’s nie doof nie. Sonder dat sy een kar toelaat om voor haar in te swaai, gevolg deur die res van Kaapstad se verkeer, terwyl Sussie sit en kyk hoe haar lewe by haar verbygaan.
En wat is die storie van die tiener wat lag vir Sussie se klere? En hoe is dit dat Sophie haar intrek in die Welgemoed kasteel kon neem tot die hartaanvalle van al haar bure?
En wat kan alles skeef loof as jy saam met ma Nakkie moet gaan “shopping” doen”? Spandeer een volle dag in Sussie se Suid Afrikaanse wêreld van Braaivleis, rugby, sunny skies en... SUSSIE en jy sal verstaan hoekom sy steeds met tye suur raak en uitrafel.
Na die volk kennis gemaak het met Sussie, het Marion en haar alter-ego die hele land platgetoer en gehore is dit eens: sy is die snaakste vrou in die land! Na haar draaie op die stel van Die Casper Rasper Show, asook haar briljante spel in toneelstukke soos onder andere Anna se Engel (saam met Pedro Kruger) , Jong Dames Dinamiet (saam met Margit Meyer-Rödenbeck) en Die Tafel (weer saam met Pedro), is dit duidelik dat Marion een van ons land se mees multi-dimensionele aktrises is.
Die samestelling en regie is die werk van veelbekroonde storieverteller Hennie van Greunen terwyl Hennie en Marion beide verantwoordelik is vir die teks.

|