| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Mathys Roets – The very best of Cat Stevens

In die laat 60s en 70s het Cat Stevens die popmark oorheers met liedjies soos “Morning has Broken”, “Moonshadow” en “The first cut is the deepest” met meer as 60 miljoen album verkope wêreldwyd.

40 jaar later is die liedjies nog net so tydloos en gewild soos die dag toe dit geskryf is.

Mathys Roets, begelei deur Matthys Maree, sing van die heel gewildste Cat Stevens- liedjies soos opgeneem op Mathys se nuwe CD.


Mathys Roets

Die Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets begin sy loopbaan as sanger in alle erns in 1996. Sedertdien het hy alreeds 4 Cd’s vrygestel en meer as ‘n 100 000 Cd’s verkoop regoor Suid-Afrika.

Mathys het homself oor die afgelope sewe jaar as ‘n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig en hou voet by stuk dat Afrikaans nog steeds die lekkerste taal is om in te sing.

Met al sy vertonings in van die grootste stede tot die kleinste dorpies het Mathys al so te sê ‘n huishoudelike naam geword in die Afrikaanse musiekwêreld.

En dit bly nie net in Suid-Afrika nie, Mathys het reeds toere na Nieu-Seeland en Australië, Engeland (Ukkasie) en Griekeland onderneem.

In 2003 is daar reeds toere na Kanada, België en Dubai in die pyplyn

This man has earned a reputation as someone who delivers one of the most musically polished and technically professional shows in the country.

His songs are always well chosen for his voice, the sound is always superbly set up and the delivery pitch perfect. He is also known as the man who can sing the lowest note in the country and it is amazing to feel the walls vibrate when sings that note over a really good sound system.

 

Together with his dry humor this makes for a really special evening of musical excellence

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development