| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

MATHYS ROETS – Rembrandt se meisie in die maan

Die titel van Mathys Roets se nuwe CD prikkel nie verniet die nuuskierigheid nie. Die liedjies – wat op geen van sy ander CD’s is nie – is geskryf deur woordtowenaars soos Piet van Wyk de Vries, Danie Niehaus, André Swiegers en Nardus du Plooy én vir die eerste keer is daar een deur Mathys self! Dis ’n knap versameling wat nie net ten volle reg laat geskied aan sy stem nie, maar ook ’n skitterende voorbeeld is van die liriekskrywers se besonderse talente.

Die lewe is ’n reis vol onsekerhede, maar jy kan jou laat lei deur bekende ervarings, die onsekerhede as uitdagings sien en vrede vind in jouself,
soos Mathys veral die afgelope twee jaar beleef het.

Kom ervaar die nostalgie, vind uit waaroor mans nou eintlik wonder, en dink na oor die muse wanneer Rembrandt se meisie in die maan amptelik voorgestel word.

Mathys Roets

Die Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets begin sy loopbaan as sanger in alle erns in 1996. Sedertdien het hy alreeds 4 Cd’s vrygestel en meer as ‘n 100 000 Cd’s verkoop regoor Suid-Afrika.

Mathys het homself oor die afgelope sewe jaar as ‘n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig en hou voet by stuk dat Afrikaans nog steeds die lekkerste taal is om in te sing.

Met al sy vertonings in van die grootste stede tot die kleinste dorpies het Mathys al so te sê ‘n huishoudelike naam geword in die Afrikaanse musiekwêreld.

En dit bly nie net in Suid-Afrika nie, Mathys het reeds toere na Nieu-Seeland en Australië, Engeland (Ukkasie) en Griekeland onderneem.

In 2003 is daar reeds toere na Kanada, België en Dubai in die pyplyn

This man has earned a reputation as someone who delivers one of the most musically polished and technically professional shows in the country.

His songs are always well chosen for his voice, the sound is always superbly set up and the delivery pitch perfect. He is also known as the man who can sing the lowest note in the country and it is amazing to feel the walls vibrate when sings that note over a really good sound system.

 

Together with his dry humor this makes for a really special evening of musical excellence

DNA Online - Website Design and Development