OUPA EN OUMA RAAK ROMANTIES
met Johan en Lida Botha
6 SHOWS UITVERKOOP KKNK 2010
TEKS: Leon Kruger

2009 was 'n besige jaar vir Oupa en Ouma. Na duisende kilometers, oor die 50 vertonings landwyd is Oupa en Ouma by die Woordfees.
Hulle is oor die 40 jaar lank getroud en soms wonder hulle hoekom. Hulle stry oor nietighede wat so kenmerkend van getroudes is. Toe jy klein was, was hulle's die Oupa en Ouma wat jou boude beskerm as jy stout was nie.
Hulle's ook die enigste twee mense wat vir Ma en Pa mag sê wat om te doen. Oupa en Ouma na wie ons altyd opgekyk het, maar nou buk ons as ons hulle wil soen. Hulle's die twee mense waarvan ons seker is sal hemel toe gaan.
Oupa en Ouma wat nog elke verjaardag vir jou ’n kaartjie met ’n geldjie stuur wat sê: Met baie liefde van Ouma en Oupa. Hulle wat jou die verskil geleer het tussen draadloos en radio, maar self net draadloos luister. Hulle is Ouma en Oupa. Jy ken hulle al klaar!

|