| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Rian van Heerden

Die kontroversiële Rian van Heerden is terug in 2008 met sy splinternuwe komiese eenmanvertoning “Vak”! Weereens steek hy sy kop so diep as moontlik in die leeu se bek in wanneer hy met sy eie “sillabus” vir Suid-Afrika vorendag kom. Daar word gekyk na wat ons in die afgelope jaar geleer het sonder om dit met handskoentjies aan te pak. Onder die vak Wetenskap byvoorbeeld kyk Rian na lugvaart (?!) in Suid-Afrika sowel as die Eskom sirkus. Onder Biologie word die padda in detail behandel en gekyk na Zuma, die galblaas en selfs die Springbok! Die vak Afrikaans word in detail behandel met spesiale verwysing na Steve Hofmeyr, Jurie Els, supersterre, swak sangers en die fluitende predikantsvrou!

Ons maak ook 'n draai by Aardrykskunde en bekyk emigrasie van 'n ander hoek af voordat die trein aanbeweeg na die vak Lewens orïentering. Hier word enige-iets van gays tot weerwolwe behandel met selfs 'n onderhoud met 'n tannie wat gereeld deur aliens ontvoer word!

Natuurlik eindig Rian met wiskunde wanneer hy uiteindelik twee en twee bymekaar sit en tot 'n somtotaal kom.

Vak is Afrikaanse stand-up komedie op sy beste!

Nie vir sensitiewes nie.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development