Bols:
Verlede jaar het “Siek en Saad” sommige gehoorlede laat skater, ander het na hulle asems gesnak. In 2010 bring Rian van Heerden vir jou, in dieselfde tradisie, die eenmanstuk “Bols”. In “Bols” ondersoek Rian die een (twee) dinge wat ons regtig nodig het om te oorleef in Suid-Afrika….o ja, en ook vir enige sokker wedstryd! En meer as genoeg geel, rooi, blou, swart en groen kaarte uitgedeel om enige Fifa skeidsregter se fluitjie permanent aan sy lippe te laat vasplak. Daar is kaarte vir kerrie moordenaars, Vishoek haaie, Afrikaanse tokkelossies, bronstige emu’s, verrassings in die toiletbak, die grotman dieët, Middeleeuse hobo’s, bos dominees en Kung Fu ape.
Laat ons nie vergeet van Jacob Zuma (die vader van die nasie), Gary Player se toekomsvoorspellings, poepdronk polisie, troeteldier tameletjies en bakkie ry onderstebo in die swembad nie. En vele meer!
O ja…die Midde Oosterse Idols word bygevoeg net om jou ervaring tydens “Bols” soveel meer genotvol te maak.
Wie gaan watter kaart kry? En ja, ons weet swart, groen en blou kaarte word nie gebruik tydens ‘n sokkerwedstryd nie maar die swart en die groen kaart is blykbaar baie gewild in Suid-Afrika….so hulle is ingesluit!
Om nie eers te praat van die gewildheid van die blou kaart nie….Hubba hubba. “Bols” is Afrikaanse “stand-up” komedie op sy beste!
En soos ek elke jaar sê: Hierdie vertoning is beslis nie vir sensitiewe gehore nie.
2010

Rian van Heerden
Die kontroversiële Rian van Heerden is terug in 2008 met sy splinternuwe komiese eenmanvertoning “Vak”! Weereens steek hy sy kop so diep as moontlik in die leeu se bek in wanneer hy met sy eie “sillabus” vir Suid-Afrika vorendag kom. Daar word gekyk na wat ons in die afgelope jaar geleer het sonder om dit met handskoentjies aan te pak. Onder die vak Wetenskap byvoorbeeld kyk Rian na lugvaart (?!) in Suid-Afrika sowel as die Eskom sirkus. Onder Biologie word die padda in detail behandel en gekyk na Zuma, die galblaas en selfs die Springbok! Die vak Afrikaans word in detail behandel met spesiale verwysing na Steve Hofmeyr, Jurie Els, supersterre, swak sangers en die fluitende predikantsvrou!
Ons maak ook 'n draai by Aardrykskunde en bekyk emigrasie van 'n ander hoek af voordat die trein aanbeweeg na die vak Lewens orïentering. Hier word enige-iets van gays tot weerwolwe behandel met selfs 'n onderhoud met 'n tannie wat gereeld deur aliens ontvoer word!
Natuurlik eindig Rian met wiskunde wanneer hy uiteindelik twee en twee bymekaar sit en tot 'n somtotaal kom.
Vak is Afrikaanse stand-up komedie op sy beste!
Nie vir sensitiewes nie.

|