Richard van der Westhuisen
Richard van der Westhuisen: Songs uit my Binnesak 13 en 14 Oktober
Met Karen Wessels en Andrew Roos
In hierdie intieme en uiters seldsame vertoning span Richard saam met Karen Wessels, deesdae een van die goue stemme in Cutt Glas, en die briljante pianis en musikale regisseur Andrew Roos.
In 1984 skryf Richard die temalied vir die gewilde TV-reeks Ballade vir ‘n Enkeling. Die klankbaan bereik goue status, en die temalied word ‘n klassieke treffer in Afrikaanse musiek. Later skryf hy Tussen Treine, en bring saam met Lochner de Kock die gelyknamige CD uit in 1991, wat ook goue status bereik.
In 2005 word Richard se CD Songs uit my binnesak vrygestel. Onder andere is daar Engelliedjie, die temaliedjie van die gewilde KYKnet telenovella Hart van Staal, waarin hy die hoofrol gespeel het, Ballade vir ‘n Vreemdeling, wat besin oor die enkeling na ‘n aantal jare, Genadewater, wat hulde bring aan ou musikante en twee vertalings van oorspronlike Hollandse songs deur Richard self.
Op Sondag 15 Oktober sluit Lochner de Kock hom aan vir hul gewilde vertoning ‘n klipgooi verder . Die afgelope twintig jaar is Richard en Lochner bekende name in die Afrikaanse musiekwêreld. Sowat nege jaar gelede het Andrew Roos hom by hulle aangesluit.
In die ou dae het hulle hulself vir ‘n ruk lank Klip genoem, en nogal ge”rock”. In ‘n klipgooi verder gaan hulle terug na hulle wortels toe, bekyk die songs ‘n bietjie rustiger, en probeer weer dieselfde lekkerte as vroeër met die ekstra insig van die jare ervaar. Daar is ‘n klomp nuwe songs, met geskiedenis en gekskeer tussenin, en die gerusstellende wete dat die manne hulselwers nie te ernstig opneem nie. Alles word lewendig op die verhoog gespeel, Andrew op klavier en mandolien , Lochner op congas en Richard op kitaar , klavier en kazoo.
As hulle ‘n kampvuur op die verhoog kon hê, sou hulle. Intussen nooi hulle almal om te kom saamkuier asof hulle rustig saam om dieselfde vuurtjie sit.
.‘n klipgooi verder
met Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Oor die afgelope twintig jaar is Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock bekende name in die Afrikaanse musiekwêreld. Met treffers soos Tussen Treine, Ballade vir ‘n Enkeling, Liefliedjie en Die Kinders van Afrika het hulle diep spore getrap in Afrikaans. Sowat nege jaar gelede het Andrew Roos hom by hulle aangesluit.
Richard van der Westhuizen was saam met Louis van Rensburg verantwoordelik vir die musiek van die TV-reeks Ballade vir ‘n Enkeling I en II, en het ook die bekende temalied geskryf en gesing. Later skryf hy Tussen Treine, wat vandag nog as ‘n klassieke Afrikaanse treffer bly voortbestaan. Sy nuwe CD, Songs uit my Binnesak, is onlangs uitgereik, met onder andere die temaliedjie vir die gewilde TV-reeks, Hart van Staal, waarin hy die hoofrol speel.
Lochner de Kock maak naam as akteur, sanger, skrywer en chef, en werk tans aan sy derde kookboek wat eersdaags verskyn. Tussenin doen hy stemwerk, kookkonserte en is hy ‘n gesogte beoordelaar by kookkompetisies. Hy tree ook gereeld op as Congaspeler saam met Hugo (Deur die Straights).
Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock se eerste album, Tussen Treine, verskyn in 1990, en bereik goue status. In 1998 verskyn hulle tweede CD, Vuurklip, en word hulle genomineer vir ‘n SAMA toekenning. Hulle derde CD, dorsland, word vrygestel in 2001, en bly steeds gewild.
In die ou dae het hulle hulself vir ‘n ruk lank Klip genoem, en nogal ge”rock”. In ‘n klipgooi verder gaan hulle terug na hulle wortels toe, bekyk die songs ‘n bietjie rustiger, en probeer weer dieselfde lekkerte as vroeër met die ekstra insig van die jare ervaar. Daar is ‘n klomp nuwe songs, met geskiedenis en gekskeer tussenin, en die gerusstellende wete dat die manne hulselwers nie te ernstig opneem nie. Alles word lewendig op die verhoog gespeel, Lochner de Kock op congas, en Richard van der Westhuizen op kitaar en klavier en kazoo.
As hulle ‘n kampvuur op die verhoog kon hê, sou hulle. Intussen nooi hulle almal om te kom saamkuier asof hulle rustig saam om dieselfde vuurtjie sit.

|