
Harp
Ons het met Harp begin in September 2007. Met die tweede Album, Harp het ons opsetlik probeer om dit nie soos die eerste album Karma te laat klink nie. Met groter songs, harder guitars en meer “in jou gesig” rock & roll.
Met n koor van Wayne Davidson, Gavin Cannone, Jean Odendaal, Bason Laubscher, Johan Willemse en Ryno Velvet wat almal idees in een pot gegooi het, het ons Harp klaar gekry in April 2008
Die Album het elf songs op en is n diverse versameling van rock, folk, country, blues en n trap van ritme. Al die songs is weer deur Ryno Velvet self gepen en die musiek se verwerking is deur die band aanmekaar gestik.
Waar Karma ons meer eenvoudige en simplistiese kant tentoonstel, is Harp die teenoorgestelde weergawe van die meer volwasse en ervare Ryno Velvet Band
Ons hoop om n paar koppe te draai met die album, en dat die wie gewag het, dit die moete werd sal find. Luister dit Hard en Maak iemand Kwaad.
Ryno Velvet en sy band se oorsprong is uit Durbanville, Kaapstad.
Die band speel tans vir die afgelope agt maande saam, en het Ryno Velvet se debuut album, “Karma”,wat versprei word deur Bowline, in September vrygestel. Die album bevat tien snitte, alles oorspronklik uit Ryno Velvet se pen.
Die band is; Ryno Velvet op kitaar en stem, Wayne Davidson op dromme en Gavin Cannone op bass. Die musiek kan beskryf word as
hoë energie-akoestiese Rock in n styl uniek aan Ryno.
Wayne, wat voormalig meer bekend was as die drummer in die Jan Blohm- trio, het aangesluit by Ryno Velvet in April 2006. Wayne was reguit ateljee toe om die album se “drum tracks” neer te le.
Gavin wat sy musiek - loopbaan saam met Jakkie Louw begin het, het aanbeweeg om sy eie musiekwinkel en ateljee “It’s Music”, in Durbanville op die been te bring. Gavin, wat die klankingeneur en “part producer” was, het ingestaan op bass kitaar, en toe eensklaps permanent in die groep.
Ryno Velvet het sy loopbaan begin deur solo - optredes, waar hy die kans gehad het om sy “siening oor die lewe en dinge om hom uit te druk met behulp van musiek”.
“Ai my lam” is toe ook gekies om op die “PLWC”
(People Living With Cancer)album te verskyn saam met kunstenaars soos; Abel Kraamsaal,Chris Chameleon,Fokofpolisiekar en Koos Kombuis
Die album(Karma) sal val in die smaak van enigiemand wat hou van oorspronklike, Afrikaanse musiek. Die musiek is “diverse” en gemaklik met ‘n skop van rock&roll, ‘n paar “blues riffs” en die wonderlike geur van akoestiese “terugsit” tunes.

|